Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Survivor se wyne vier goeie jaar

Met die kenmerkende Nguni-koei op sy etiket, is die Survivor-reeks van Overhex ’n uitstaan-wyn op enige rak, maar die inhoud is net so indrukwekkend – iets wat bewys is met dié wyne se pryse vanjaar.

Ben Snyman, Overhex se wynmaker, wat die idee van die Survivor-wynreeks gehad het.

Gerhard van der Wath, eienaar van Overhex Wines International, se passie vir innovasie tesame met die besonderse wyne wat wynmaker Ben Snyman opdis, maak hierdie reeks wyne so besonders.

Die Nguni op die etiket is geïnspireer deur die storie van ’n dapper Nguni-koei wat van ’n vragmotor afgespring het en in die wingerd beland het. Tien jaar later floreer hierdie Nguni steeds op dieselfde Swartland-plaas en is nou die naam en gesig van die Survivor-reeks.

Vir die reeks het Snyman gefokus op spesifieke druifsoorte wat in elke streek terroir-gedrewe wyne sou lewer. “Die huidige reeks verteenwoordig Swartland, Stellenbosch en Elgin omdat elke streek waarlik uniek is en wyne lewer wat Overhex met trots vir die plaaslike en internasionale markte kan aanbied,” verduidelik hy.

Veranderinge in 2020

Die Survivor-span het koppe bymekaar gesit tydens die inperking om te sorg dat hul wyne steeds by die reeks se ondersteuners kon uitkom.

Dit was die begin van die Survivor-“proeboksies” (tasting kits)

Hierdie proeboksies is nou aanlyn beskikbaar sodat jy die Survivor-reeks tuis kan proe. Dit is ideaal vir ’n mini-wynproe, of jy kan meer as een boksie bestel en ’n wynproe vir vriende of kuiergaste aanbied aangesien daar handige proenotas oor elke wyn in die boksie ingesluit word.

Die boksie bestaan uit ses 100 ml-skroefprop-botteltjies van die Survivor Barrel Select-reeks wat insluit die Elgin Sauvignon Blanc, Elgin Chardonnay, Swartland Chenin Blanc, Stellenbosch Cabernet Sauvignon, Swartland Syrah en die gewilde Swartland Pinotage.

Die volle reeks wyne is nou aanlyn beskikbaar, baie maklik om te bestel en neem net drie tot vyf dae om landswyd voor jou deur afgelaai te word. Gemengde kiste is ook beskikbaar.

Meer oor hul pryse

Foto:

Onder die lys van indrukwekkende pryswenners is die Survivor Reserve Pinotage 2017 en die Survivor Barrel Select Pinotage 2018 wat onderskeidelik die hoogste en tweede hoogste punte behaal het by vanjaar se internasionale Decanter-wynkompetisie.

Die Survivor Pinotage 2017, ook ’n 2019-Absa Pinotage Top-10-wenner, was ook deel van die 2020-Top-100 Awesome Wines van Brittanje se Association of Wine Educators – ’n lys van wyne wat tussen £10 en £25 kos.

Verder het die Survivor Chardonnay 2019 van Elgin ’n goue medalje gekry by die 27ste Mundus Vini Grand- internasionale wynprysgeleentheid in Duitsland, asook goud by die Veritas-wynprysgeleentheid.

Die hele reeks het ook vir die vierde agtereenvolgende jaar vier sterre of beter in die Platter’s-wyngids vir 2021 gekry.

Die Survivor-reeks bestaan uit agt wyne: in die Survivor Barrel Select-reeks is die Elgin Sauvignon Blanc, Elgin Chardonnay, Swartland Chenin Blanc, Stellenbosch Cabernet Sauvignon, Swartland Syrah en die Swartland Pinotage; en in die Reserve-reeks is die Bushvine Chenin Blanc Reserve en die Pinotage Reserve.

  • Besoek www.survivorwines.com vir meer inligting of om wyn te bestel.
Meer oor:  Survivor  |  Wyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.