Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Tien van die bestes van SA se topverkoper

Drinkers van sauvignon blanc kan solank hul lysie van gunstelinge vir die warmer dae opstel, met die wenners van 2020 se Sauvignon Blanc Suid-Afrika Top-10 boaan hul lys.

Vanjaar se tien wenners is verlede Woensdag aangekondig op ’n aanlyn spoggeleentheid met glanssjef Zola Nene as seremoniemeester en Nataniël as vermaakkunstenaar. Anders as in die verlede waar wenners op die aand hul trofee ontvang het, is die trofeë na die wenners se kelders geneem. ’n Kort video van elk van die kelders is op die geleentheid gespeel.

“Hierdie jaar sal onthou word as ’n tyd om sáám te staan en almal wat ingeskryf het kan dus met reg trots wees op hul prestasie,” sê RJ Botha, Sauvignon Blanc SA se voorsitter.

“In hierdie uitdagende tye is dit ’n voorreg om Suid-Afrikaanse sauvignon blanc wêreldwyd te kan vier as ons land se topverkoper.

“Ons sien opwindende innovasie in styl en geurprofiele, én diversiteit in oorsprong met drie Top-10-wenners uit Stellenbosch, twee uit Elgin, en een elk uit die Breederiviervallei, Elim, Worcester, Durbanville en Darling.

“Baie geluk ook aan Diemersdal met die prestasie van hul Winter Ferment – die enigste wyn wat die laaste vier jaar agtereenvolgens in die Top-10 skitter. Baie dankie aan ons platinumborg, FNB, vir hul begrip vir ons bedryf en hul bydrae tot ons sukses.”

Meer oor die kompetisie

Vanjaar het 96 produsente 149 wyne ingeskryf vir die kompetisie, wat met ondersteuning van FNB aangebied is.

Nie net is daar vanjaar ’n paar eerste wenners nie (vyf wyne om presies te wees), maar die wenners verteenwoordig ook sewe verskillende wynstreke van Suid-Afrika – almal uit die Wes-Kaap.

Ses van die wenwyne kom ook uit die 2019-oesjaar, drie is 2020-wyne en een wyn is van die 2018-oesjaar.

Vyf van vanjaar se wyne toon ook ’n mate van eikehoutkontak en volgens die beoordelaarspaneel kan daar in die toekoms al hoe meer gehoute sauvignon blanc-wyne wees. Vanjaar se beoordelaarspaneel het bestaan uit dr. Winifred Bowman (Kaapse wynmeester en sameroeper van die paneel), Charles Hopkins (keldermeester van De Grendel), Fiona McDonald (wynbeoordelaar en -skrywer) en Rüdger van Wyk (wynmaker van Stark-Condé).

Die paneel het ook aspirantbeoordelaars, naamlik Candice Barnes van Boekenhoutskloof, Kelsey Shungking van De Grendel en Victoria Davis van Glenelly, ingesluit.

  • Jy kan steeds die 2020 Sauvignon Blanc SA Top-10-seremonie kyk deur sauvignonblanc.com/top10awards te besoek.
  • Kry die 2020 Sauvignon Blanc SA Top-10-versameling via die “Wine of the Month Club” asook by Wine Stellenbosch TOPS.

Vanjaar se top 10-wenners:

Die volgende tien plase se sauvignon blancs kraai koning vir 2020:

  • Alvi’s Drift Sauvignon Blanc Reserve 2020
  • Cilmor Limited Edition Sauvignon Blanc 2019
  • Diemersdal Winter Ferment Sauvignon Blanc 2020
  • Ghost Corner Wild Ferment Sauvignon Blanc 2018
  • Iona Elgin Highlands Wild Ferment Sauvignon Blanc 2019
  • Kleine Zalze Family Reserve Sauvignon Blanc 2019
  • Ormonde Chip Off The Old Block Sauvignon Blanc 2019
  • Paul Cluver Sauvignon Blanc 2019
  • Stark-Condé Round Mountain Sauvignon Blanc 2019
  • Stellenbosch Vineyards Southern View Sauvignon Blanc 2020
  • Jy kan ’n gratis boekie met proenotas oor die Top-10 aflaai by bit.ly/sauvignonblancsatop10
  • Die Sauvignon Blanc Top-10 van 2020.

    Die beoordeelaars se reaksie:

    Dr. Winifred Bowman, sameroeper van die paneel, sê 2020 was by verre die beste jaar wat die gehalte van die inskrywings betref.

    “Die gehalte was dwarsdeur uitstekend en ons kon maklik drie top-10’s gekies het. Almal in die paneel se kommentaar was baie positief oor die wyne.

    “2019 was veral ’n besonderse jaar en ek dink dis oor dit die jaar is wat die wingerde van die droogte begin herstel het,” sê sy.

    Volgens Bowman was dit veral lekker dat vyf gehoute wyne onder die top-tien is. Sy sê dat die hout skaars in van die wyne geproe kan word en dat dit duidelik is die hout is net gebruik om die wyne meer kompleks te maak en diepte te verleen.

    “Sauvignon blanc is ’n aromatiese wyn en jy wil al die kenmerkende elemente proe – die hout het niks daarvan weggeneem nie.”

    Weens vanjaar se Sauvignon Blanc Suid-Afrika Top-10 seremonie wat aanlyn plaasgevind het, het die wenners hul trofeë by die kelders ontvang. Hier vier vanjaar se top-10 hul oorwinning.

    Alvi’s Drift
    Cilmor
    Diemersdal
    Ghost Corner
    Iona
    Kleine Zalze
    Ormonde
    Paul Cluver
    Stark-Condé
    Stellenbosch Vineyards

    Meer oor:  Wyn  |  Wenners  |  Sauvignon Blanc
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.