Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Toe gaps hulle die kaaskoekresep!

“Ek het eenkeer die heerlikste kaaskoek geproe by ’n gasvrou wat nie die resep wou deel nie. Sy’t gesê sy wil eendag nog geld daarmee maak,” vertel Andy Galloway van die Strand.

Hy sê die gasvrou het hom kort daarna gebel en gevra of hy met ’n probleem kan help. Om dankie te sê, sou sy Galloway glo met ’n hele kaaskoek beloon.

Andy Galloway in aksie in sy kombuis.

So gesê, so gedaan.

“Maar twee weke gaan verby en ek ontvang geen dankie-kaaskoek nie.”

Maar dis nie die einde van die kaaskoek-saga nie. Vriende van Galloway lê later besoek af by die vrou terwyl sy besig is om ’n kaaskoek (nie vir Galloway nie) te bak.

“Toe sy haar rug draai, steek hulle die eiers wat benodig word weg. Gasvrou krap minute later kop. Sy kon sweer sy het eiers uitgehaal . . . maar nou ja, sy ry gou mall toe om eiers te koop.”

Galloway se vriende het geweet van die leë kaaskoek-belofte en het net daar besluit om die resep af te skryf.

Daarom verwys hy na sy inskrywing vir Beeld se kookboek-kompetisie as “Gesteelde kaaskoek”.

Dit is ingeskryf in die kategorie vir nageregte en drankies en sluit af met die vermaning: “Doen jou beloftes gestand!”

Stuur ook jou resepte en die stories daaragter na kompetisie@beeld.co.za om in aanmerking te kom vir ’n kontantprys en ’n plekkie in die resepteboek Komkommertyd.

Die ander kategorieë is vis, vleis, wildsvleis, bykosse, ligte etes, vegetaries, hoender, braai en gebak.

Besoek Beeld se Facebook-blad vir die volledige bepalings en voorwaardes.

Stuur jou resep, die storie oor die resep en ’n aksie-kombuis-foto van jouself. Inskrywings sluit op 1 Julie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.