Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Toekoms van bier in SA is lekker blink

’n Dag vir bier is iets wat elke Suid-Afrikaner kan geniet. Suzaan Potgieter het gesels met Lucy Corne, stigter van Suid-Afrikaanse Nasionale Bierdag en bierskrywer, oor dié dag en die land se bierkultuur.

Lucy Corne, stigter van Nasionale Bierdag. Foto: Verskaf

Waarom het jy Bierdag gestig en waarom in Februarie?

Elke jaar vier die Suid-Afrikaanse craftbier-gemeenskap Internasionale Bierdag en hou geleenthede by hul venues. Die enigste probleem is dat dit ’n inisiatief uit die Noordelike Halfrond is en vroeg in Augustus plaasvind. Bier is natuurlik iets wat jy regdeur die jaar geniet, maar ’n koel wintersaand maak nie juis mense lus vir ’n pint bier soos ’n somersdag doen nie.

Ek het dus met ’n rits brouers van SAB begin praat asook van die mikrobrouerye om ’n Suid-Afrikaanse weergawe te begin. Ons het saamgestem dat die eerste Saterdag in Februarie die datum moet wees.

Vanjaar is die vierde San-BeerDay (South African National Beer Day) en ons maak gereed vir ’n reusesukses.

Watter rol speel bier in die Suid-Afrikaanse leefstyl?

Ek dink bier is ’n rustige, onpretensieuse drankie vir ’n rustige, onpretensieuse land. Suid-Afrika het ’n lang brou-erfenis en hierdie jaar word daar verskeie geleenthede aangebied wat alle bier gaan vier.

Die doel van Bierdag is om meer mense aan te moedig om saam met vriende ’n bier of twee te geniet, of selfs om ’n nuwe styl bier te probeer. Dit maak nie saak waar jy dit vier nie, of watter bier in jou glas is nie. Dit gaan oor die viering van een van die wêreld se oudste, gewildste en mees diverse drankies.

Dink jy bier sal ooit uit die mode gaan of is dit te gewild in Suid-Afrika?

Inteendeel, ek dink bier neem al hoe meer toe in gewildheid, veral weens die onlangste toename in craftbier. Ons het ewe skielik ’n ongelooflike rykdom van bierstyle beskikbaar en selfs diegene wat voorheen nie van bier gehou het nie, vind nou iets wat hulle geniet.

Hoe gaan jy Bierdag vier?

Ek besoek gewoonlik ’n paar van die geleenthede so tussendeur die bestuur van al die so­sialemediaplasings op die dag.

Ek hoop om hierdie jaar aan te doen by Stellenbosch Brewing Company in die oggend, waarna ek Woodstock Wander wil besoek. Ek eindig altyd by Banana Jam Café in Kenilworth – wat seker die beste craftbier in Suid-Afrika maak. Hierdie jaar het hulle ’n spesiale geleentheid saam met Ukhamba Beerworx waartydens tradisionele umqombothi-bier buite op die vuur sal wees asook proeë en praatjies saam met die vroue-brouers.

Wat is jou top-bierkeuses vir die somer?

Ek is opgewonde oor die tweede weergawe van Jack and the Giant, ’n samewerking tussen Kaapstad se Jack Black en Johannesburg se Mad Giant, wat middel Februarie bekend gestel word.

Ek hou ook basies van enigiets van Aegir Project, in Noordhoek, want hulle is innoverend en kom vorendag met beperkte uitreikings.

En Woodstock Brewery het ’n paar lekker somerbiere – Slice of Life en Happy Pils, hul Duitse Pilsner.

Meer oor:  Lucy Corne  |  Bierdag  |  Drank  |  Bier  |  Nasionale Bierdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.