Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Twee SA wyne onder bestes

Die Suid-Afrikaanse vlag wapper met trots nadat twee van die land se chardonnays onder die toptien by ’n internasionale kompetisie verskyn het.

Die 26ste jaarlikse Chardonnay du Monde-wynkompetisie is van 6 tot 8 Maart op Château des Ravatys in Frankryk gehou.

Gedurende dié paar dae het ’n paneel van internasionale beoordelaars die beste chardonnays vanoor die wêreld geproe en bekroon.

Altesaam 54 wyne het goud gekry en 173 silwer. Hieronder was daar ook 15 Suid-Afrikaanse wyne wat met ’n medalje weggestap het, waarvan drie goud was.

Boonop was die De Wetshof Bon Vallon Chardonnay 2018 en die Groot Constantia Landgoed Chardonnay 2017 onder die kompetisie se toptien beste wyne. Op hierdie toptienlys is daar 15 wyne omdat van die wyne dieselfde punte behaal het.

Só is wyne bepunt

Volgens die wynkompetisie se verslag was daar vanjaar baie diversiteit in terme van sensoriese kwaliteit van die wyne.

Elke wyn word vir sy individuele kwaliteit beoordeel, maar wyne wat hul druifsoort en chardonnay se kenmerke goed gedra het met intense chardonnay-aromas, kry voorkeur.

Houtgeure is as ’n bonuspunt beskou, solank dit diskreet en in harmonie is, maar wyne het hier punte verloor as dié kwaliteit die druifsoort se aromas verbloem het. Die kundige beoordelaars het melding gemaak van wyne waarvan die chardonnay-geure verbloem word deur te veel hout- en sauvignon-geure.

Met die chardonnay-druif se oorsprong uit Frankryk, is dit geen verrassing dat dié land die meeste medaljes ingeoes het nie – 28 in totaal.

Die voorkoms van ’n paar gram suiker per liter in die wyne het ook ’n geneigdheid om die punte te verbeter en is bevestig deur ’n aantal droë wyne met ’n tikkie soet (off-dry) wat sukses behaal het.

Met die chardonnay-druif se oorsprong uit Frankryk, is dit geen verrassing dat dié land die meeste medaljes ingeoes het nie – 28 in totaal.

Daar was vanjaar baie sterk deelname van Suid-Afrika, Australië, Bulgarye, Brasilië, Kanada, Spanje, Italië, Frankryk, Nieu-Seeland, Roemenië en Switserland.

SA se wenners

Goud:

  • Bellingham Bernard Podlashuk Chardonnay 2017
  • De Wetshof Bon Vallon Chardonnay 2018
  • Groot Constantia Landgoed Chardonnay 2017

Silwer:

  • Boschendal 1685 Chardonnay 2017
  • Boschendal Jean Le Long Prestige Cuvée Blanc de Blancs 2008
  • Fleur du Cap Unfiltered Chardonnay 2016
  • Glenwood Grand Duc Chardonnay 2016
  • Haskell Anvil Chardonnay 2017
  • Haute Cabrière The Haute Collec­tion Chardonnay
  • Kleine Zalze Vineyard Selection Chardonnay 2018
  • Môreson Mercator Chardonnay 2017
  • Plaisir de Merle Chardonnay 2018
  • Pongracz Blanc de Blancs Méthode Cap Classique
  • Robertson Winery Constitution Road Chardonnay 2016
  • The Beachhouse Chardonnay 2018
  • 696 wyne is geproe
  • 36 lande se wyn is geproe
  • 300 internasionale beoordelaars
  • 227 medaljes is toegeken
Meer oor:  Wyn  |  Versnit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.