Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Uit die boonste rakke!

Die mooi omgewing by Cuvée met die wingerde en berge maak dat jy sommer langer hier wil talm. Die kos is uit die boonste rakke!

Vleiseters moenie bang wees om van die vegetariese opsies te probeer nie. Jy mag dalk aangenaam verras wees. Die vegetariese platbrood vir die voorgereg was ’n wenner met geroosterde eiervrug, olywe, kersietamaties, gekaramelliseerde uie en Bella-kaas.

Die varknek vir die hoofgereg is ongelooflik lekker en kan beslis aanbeveel word. Vir ’n vegetariese opsie probeer gerus die oop lasagne met botterskorsie, tuisgemaakte ricotta met saliebotter en pampoensade. Dit smelt in jou mond.

Vir poeding is die sjokoladefondant ’n absolute móét. Elke gang kan gepaar word met ’n spesifieke wyn of port. Cuvée bied ook ’n heerlike kaasbord met vier verskillende kase en wyne saam met vye en kraakbeskuitjies.

As jy eers een keer hier was, gaan jy weer wil teruggaan.

Waar: Cuvée op Simonsig, Kromme Rheeweg, Stellenbosch

Meer oor:  Stellenbosch  |  Uiteet  |  Restaurant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.