Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Uit die spens: Dís mos potjiekos!

Suid-Afrikaners ken van braai, maar ons ken ook van potjiekos maak.

John Grundlingh en Steve Immelman het verlede week die potte aan die prut gehou met vispotjies.

Die Burger-resep: Stokvis-potjiekos

Wat jy benodig

  • 1 kg stokvis
  • 2 e. botter
  • halwe pakkie (110 g) Evergreen-uie
  • 1 groenpeper, in skyfies gesny
  • 3 e. Evergreen-tamatiekrulle (puree)
  • 1 pakkie (110 g) Evergreen-gemengde groente
  • 3 knoffelhuisies (fyngemaak)
  • halwe t. kerriepoeier
  • halwe koppie witwyn
  • sout
  • peper
  • kruie na smaak
  • slaaiblare

Maak dan só

Week uie in 1½ koppie kookwater en dreineer. Meng halwe koppie kookwater met tamatiekrulle. Week gemengde groente in 4 koppies kookwater vir 30 minute en dreineer.

Sny vis in stukkies. Soteer uie en groenpeper. Voeg knoffel, kruie, tamaties en wyn by. Bedek en prut vir 10 minute.

Voeg groente by sous in pot, plaas ’n lagie slaaiblare oor groente en visstukkies bo. Die slaaiblare verhoed dat die vis opbreek terwyl dit stoom. Bedek pot en prut vir 30 minute.

Roer liggies en bedien.

  • Resep kom uit “Droë baie lekker in potjiekos” deur Matie Brink in Die Burger van 29 November 1986.
  • Kry die moderne resep van Steve Immelman môre op Facebook of e-pos Versnit om dit te ontvang.
  • Kyk elke Donderdag om 21:00 na Uit die spens op VIA. In môreaand se episode gesels hulle oor braai.
  • Môre se resepte sal volgende week inVersnit of op Facebook verskyn.
Meer oor:  Uit Die Spens  |  Potjiekos  |  Versnit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.