Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
‘Uit die spens’: Kom leer saam inlê

Om groente en vrugte in te lê, is so deel van ons land se geskiedenis dat byna almal weet hoe om dit te doen.

Hierdie week word die tweede episode van Uit die spens gewy aan die kuns van inlê.

Kykers kan elke week inskakel op VIA (DStv-kanaal 147) en saam kook aan nostalgiese onthoukos uit Die Burger se argief.

Dié program word deur Lynelle Kenned aangebied wat weekliks saam met twee gaste gaan kos kook.

Die twee gaste kook twee weergawes van die disse – die een maak die historiese resep uit die argief en die ander ’n moderne weergawe daarvan.

  • Kyk Uit die spens elke Donderdag om 21:00 op VIA.
  • Lees elke Woensdag Versnit vir ’n onderhoud met een van die gaste en die vorige week se resepte.

Ontmoet vir Sonja Edridge

In die tweede episode is Sonja Edridge, ’n kosstilis, konsultant en private sjef, een van die gaste. In dié episode word gefokus op inlê en Sonja deel meer oor haar liefde vir kos.

1. Wat is jou gunstelingdeel van kosmaak?

Om kos met vriende te deel, want dit bring almal byeen. Dit is ’n gemeenskaplike deler – selfs al is almal vreemdelinge.

2. Verkies jy ou, tradisionele resepte of die moderne, opgekikkerde weergawes daarvan?

’n Bietjie van albei. Ek hou nie regtig daarvan om ’n resep te volg nie, so ek verander ’n bietjie aan die resep. Maar ek hou ook van eenvoudige goed, dus vereenvoudig ek resepte.

3. Waar kom jou liefde vir kos vandaan?

My ma was ’n briljante kok en gasvrou. Ek was mal oor hoe kos altyd ’n viering was om vriende en familie bymekaar te bring. Toe ek ’n kind was, het ek altyd vir haar nagereg gemaak as sy onthaal – ek was mal oor bak. Maar ek het in Australië verlief geraak op kos toe ek gereis het.

4. Wat is jou gunstelingprodukte om in te lê?

Kersies in konfyt en boontjies (maar natuurlik nie saam nie! Haha).

5. Watter drie wenke kan jy gee vir iemand wat ’n aandete-partytjie beplan?

Hou dit eenvoudig, berei soveel as moontlik voor die tyd voor en geniet dit.

Meer oor:  Uit Die Spens  |  Leer  |  Groente  |  Vrugte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.