Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Van Loveren se nuwe baadjie

Baie mense glo dat jy nie aan ’n goeie ding moet karring nie, maar Van Loveren in Robertson het onlangs die besluit geneem om van hul wynetikette te verander.

Hierdie handelsmerk spog al vir 40 jaar op wynrakke nadat die Retief-broers Wynand en Nico, seuns van die stigters, dit gevestig het.

Weg is die ou wit etiket met die gekleurde kol en ‘VL’ daarop. Die nuwe etiket is behoorlik gepolitoer om skoner en meer elegant te lyk, maar dis steeds prominent genoeg dat dit maklik op die rak gesien kan word.

Volgens die kelder is “die etiket, fokus en voorkoms blink gepoleer met die oog op ’n nog helderder toekoms vir dié voortreflike reeks wyne”.

Na 40 jaar het Van Loveren hul kern-reeks se etikette verander. Jy kan nou uitkyk vir hierdie verpakking op die rakke. Foto: VERSKAF

Die nuwe etiket se voorkoms is geïnspireer deur die familie se stories, plekke en merkers oral op en in die Van Loveren-landgoed, kelder en tuine. Om die plaas se oorsprong te vier, is die grafiese element op die etiket afkomstig vanaf die trou-uitnodiging van Hennie Retief senior met Jean van Zyl. Hierdie twee het die oorspronklike plaas in 1937 aangekoop en na een van haar voorgeslagte, Christiena van Loveren, herdoop.

Volgens Phillip, besturende direkteur by Van Loveren en ook ’n derde geslag Retief, is die nuwe handelsmerk die gevolg van Van Loveren se toewyding om individuele talente en sterk eienskappe ten beste vir die gemeenskaplike van ’n gedeelde visie aan te wend.

“Hierdie kenmerk van ons manier van doen het tydens die pandemie en die kelder se grendeltyd - toe ons diep gedink het om Van Loveren-wyne ten volle tot sy reg te laat kom – goed gewerk: Ons span het besef hoeveel die gedagte van die familie oral voorkom.”

“Dít beide in die aard van die wyne, maar, natuurlik, ook in die verhouding tussen die eienaar-gesinslede en ons werknemers,” sê hy.

  • Besoek www.vanloveren.co.za om Van Loveren se wyn te bestel.
Meer oor:  Wyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.