Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Vars smake en dinge

Die lewe is te kort om weer en weer dieselfde goed te eet en te drink en te doen. Probeer bietjie iets nuut.

Vars smake en dinge

Die MoFaya-energiedrankie-handelsmerk het ook ’n reeks laesuiker-gaskoeldranke bekend gestel. Daar is 12 nuwe geure, waaronder kola, gemmerbier, coco pine, iron brew en litchi. Elke bottel het ook ’n bynaam wat van township- sleng kom soos hierdie druiwe-geur, wat Tjovitjo genoem word.
Midde-in die drankbeperkings het die distilleerder Jack Daniel’s ’n nuwe rog-whiskey, Jack Daniel’s Tennessee Rye, bekend gestel. Dit word gemaak van 70% rog, 18% mielies en 12% gemoute gars. Gelukkig mag jy dit nou weer skink. R329 vir 750 ml.
Terwyl die wêreld byna tot stilstand gekom het, het die wynmakers by die Warwick-wynlandgoed buite Stellenbosch ’n nuwe wyn bekend gestel: Professor Black II Pitch Black. Black was ’n professor aan die Universiteit Stellenbosch wat in die 1970’s en ’80’s sy perskenavorsing op die landgoed gedoen het. Die versnit word gemaak van 39% cabernet sauvignon, 36% cabernet franc, 13% cinsault, 10% merlot, 1% petit verdot en 1% malbec. ’n Bottel kos sowat R200.
Het jy geweet Nasa het in 1969 die ontsmettingsmiddel Betadine gebruik om die Apollo 11-beheermodule ná dié se ruimtesending mee te was? Nou beveel die Wêreldgesondheidsorganisasie Betadine se mondspoelmiddel aan om die koronavirus te beveg. Dié produk bevat povidoonjodium, ’n antiseptikum wat Sars-CoV-2 kan doodmaak. Dit word spesifiek aanbeveel vir gebruik voordat ’n tandarts pasiënte behandel. R46,95 by Dis-Chem.
Al hoe meer mense besluit om omgewingsvriendeliker te leef. Vir hulle is hierdie veganistiese grimeerkwassies van Ecotools net reg. R255 by Clicks.

Meer oor:  Drink  |  Nuut  |  Eet  |  Doen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.