Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Veritas klaar beoordeel
Die beoordeling vir die jaarlikse Veritas-wynpryse is pas afgehandel. Die span hoogs ervare plaaslike beoordelaars was verlede week by die Nederburg Veilingsentrum in die Paarl om die beste wyne en brandewyne uit te soek wat met die gesogte Veritas-medaljes en die Vertex-prys vir die algehele topwyn sal spog. Die wyne en brandewyne is oor vyf dae tot Vrydag 16 Oktober geproe. Die Kaapse wynmeesters speel deurentyd ’n belangrike rol as onafhanklike beoordelaars by Veritas, met nie minder nie as 15 Kaapse wynmeesters wat oor die vyf dae van beoordeling deelneem. Op dag een was daar reeds ’n groot groep op verskillende panele. Op die foto staan van links Jeff Grier, Andy Roediger, Karin Visser, Colin Frith, Winnie Bowman, Anton Swarts, Lizette Tolken, Raymond Noppe en Bennie Howard.Foto: VERSKAF
Meer oor:  Veritas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.