Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Veritas: Skryf wyn, brandewyn vir die eerste keer aanlyn in

Geen papierwerk is nodig om in te skryf vir die 2021-Veritas-wynkompetisie nie, want hulle het vanjaar volledige digitale deelname vir wyn- en brandewynprodusente.

Die sluitingsdatum vir vanjaar se inskrywings is 17 Augustus en 31 Augustus vir laat inskrywing teen ekstra koste. Vir die tweede jaar is daar ook nie ’n styging in inskrywingsgeld nie.

Die innoverende ontwikkeling van ’n spesiale webwerf vir deelnemers om vir die kompetisie in te skryf deur stap-vir-stap-prosedures te volg, sal die vinnige en maklike invul van elke wyn of brandewyn se besonderhede moontlik maak. Dít sal dieselfde inligting bevat wat in die verlede tydsaam in geskrewe kopie verskaf moes word, soos vir die WSR2A- en WSRSA-sertifikate, bottelfoto’s en proe-notas van elke inskrywing. Hierdie inligting sal ook outomaties op die Vino Veritas-app (waarop die wenwyne elke jaar bestel en gekoop kan word) gelaai word vir bekendstelling sodra die uitslae beskikbaar is.

Die Veritas-webwerf is op 21 Julie geaktiveer en produsente kan veritas-entries.foneworx.co.za besoek om hul wyne in te skryf. Die inskrywings word daarna deur inspekteurs van SA Wynbedryf Inligting en -Stelsels (Sawis) geverifieer en wettig na die Johann Graue-saal by Nederburg in die Paarl vervoer vir beoordeling deur 17 panele van 13 tot 17 September.

Met die Covid-19-maatreëls steeds in plek, sal daar soos verlede jaar drie beoordelaars per paneel wees. Die streng puntestelsel is in ooreenkoms met die hoogste internasionale kompetisie-standaarde en medaljes word soos volg toegeken: dubbelgoud – 93 tot 100 punte; goud – 90 tot 92; silwer uitstaande – 86 tot 89; silwer – 80 tot 85; en brons 75 tot 79.

Die Vertex-toekenning word ook weer toegeken aan die beste wyn van die skou uit al die dubbelgoud-wenners, museumklas uitgesluit.

  • Die voorlopige datum vir die toekenningsgeleentheid is Saterdag 9 Oktober. Verdere inligting hieroor, asook oor proeë vir die publiek, sal later bekend gemaak word.
Meer oor:  Wynkompetisie  |  Veritas  |  Wen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.