Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Verskeidenheid wenner-wyne te proe
Die Trofee-wenners van die Old Mutual Trophy-wynskou is voor, van links, Ben Snyman (Overhex), Renier van Deventer (Leopard’s Leap), Skye Nolan (Stellenview), Lutske Doubell (D’Aria), Ulrich Hohns (J.C. Le Roux), Izele van Blerk (KWV), Elmarie Botes (Nederburg), Andiswa Mapheleba (Pongrácz) en Riandri Visser (Cape Point Vineyards). Agter, van links, is JD Rossouw (Wildeberg), Marthinus Rademeyer (Bonnievale Wyne), Jeremy Borg (Painted Wolf), Alex Nel (Cederberg), Mick Craven (Mulderbosch), Willem du Plessis (Rustenberg), Sjaak Nelson (Jordan), Louis van der Riet (De Krans) en Morné Vrey (Delaire Graff).Foto’s: VERSKAF
Die goue medaljewenners is voor, van links, Cobus van Zyl (Neethlingshof), Izele van Blerk (KWV), Maryke Botha (Eikendal), en agter, van links, JD Pretorius (Warwick), Jacques Cilliers (Zandvliet), Marthinus Rademeyer (Bonnievale Wyne), Annalie van Dyk (Hidden Valley), Johnnie Calitz (Glen Carlou), Leon Coetzee (Boplaas), Warren Ellis (Neil Ellis), Kobie Viljoen (Villion), Werner Schrenk (Peter Falke) en Jacques Erasmus (Spier).
Jeremy Borg van Painted Wolf Wines ontvang die Old Mutual-trofee vir die algehele suksesvolste produsent by Thobile Tshabalala, hoof van handelsmerk vir Old Mutual. Hulle was die dag se groot wenners met drie trofees.

Die wenners van die 18de Old Mutual Trophy-wynskou is verlede week aangewys en Kapenaars kan sommer volgende week dié wenwyne proe.

Dié kompetisie is in 2002 gestig. Meer as die helfte van 2019 se trofeewenners het al voorheen pryse op dié wynskou ontvang, maar daar is ook nuwelinge wat presteer het.

Vanjaar se toppresteerder, Painted Wolf Wines, het in 2012 ’n trofee gewen en in 2017 ’n goue medalje. Hulle het stof in die kompetisie se oë (of altans wyn) geskop deur drie trofees huis toe te neem.

Proeë van die wenwyne vir die publiek word op 20 Junie in Kaapstad by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum gehou.

Daar sal 173 trofee-, goue- en silwermedalje-wyne te proe wees.

Dit sal ook te koop wees by die Makro-stalletjie by die proeëry, asook aanlyn en in hul winkels.

Kaartjies kos R200 en is by www.webtickets.co.za beskikbaar.

Só lyk die trofeeskou in syfers:

* 956 wyne is beoordeel 

* Al die wyne kom van 206 produsente

* 32 goue medaljes is toegeken

* 24 trofee is gewen

* Shiraz het die meeste inskrywings met 103 gehad

* Cabernet sauvignon het 83 inskrywings gehad en Bordeaux-versnitte 76

* Sauvignon blanc se 86 inskrywings was die meeste vir witwyne

* Chenin blanc en chardonnay was tweede van die inskrywings met 84 elk gehad

* Die nuwe Rhône-versnit klas het 25 inskrywings gekry

Beoordelaars

Die Old Mutual Trophy-wynskou spog met ’n kundige paneel van beoordelaars wat ook internasionale kenners insluit.

“Met die samestelling van die paneel is dit ’n perfekte opset sodat die kompetisie betroubare resultate kan lewer asook betroubare aanbevelings vir gebruikers,” sê Kirk Bauer, een van vanjaar se internasionale beoordelaars van Duitsland.

Die voorsitter van die paneel is die wynkenner Michael Fridjhon. Die drie internasionale beoordelaars is Bauer (stigter van Mundus Vini en paneelvoorsitter van verskeie wynkompetisies), Simon Field (wynmeester en -aankoper), en Benjamin Roffet (een van Frankryk se top sommeliers).

Plaaslike senior beoordelaars is Christian Eedes (redakteur van winemag.co.za), Patson Mathonsi (sommelier en handelsmerkbestuurder van Asara), Narina Cloete (wynmaker by Blaauwklippen), Francois Rautenbach (van die Singita fine wine-program), JD Pretorius (keldermeester by Warwick) en Alexandra McFarlane (wynmaker en wingerdboukundige).

Die vennoot-beoordelaars sluit in Murray Barlow (keldermeester by Rustenberg), Ndaba Dube (kos- en drankbestuurder by die Blaauwberg Beach Hotel), Spencer Fondaumiere (Warwick Wines), Gynore Fredericks (Mullineux & Leeu), Tinashe Nyamudoka (hoof sommelier by die Test Kitchen) en Debi van Flymen (Kaapse wynmeester). Die vennooit-beoordelaars het deelgeneem aan die proe en die bespreking na die tyd, maar hulle puntetellings is nie noodwendig in ag geneem nie.

Trofeewenners van 2019

Old Mutual-trofee vir die algehele suksesvolste produsent: Painted Wolf Wines

* Harold Eedes-trofee vir die beste chenin blanc, Old Mutual internasionale beoordelaarstrofee én Old Mutual-trofee vir die beste algehele witwyn: Mulderbosch Single Vineyard Chenin Blanc Block A 2017

* American Express-trofee vir die beste cabernet sauvignon en Old Mutual-trofee vir beste algehele rooiwyn: Kruger Family Reserve Cabernet Sauvignon 2017

* Old Mutual-trofee vir ontdekking van die skou/beste waarde goue medaljewenner: Bonnievale Barrel Select Cabernet Sauvignon 2015

* Grand Roche-trofee vir die beste witwynversnit: Cape Point Vineyards Isliedh 2017

* Old Mutual-trofee vir die beste vonkelwyn: JC Le Roux Scintilla Méthode Cap Classique Vintage Reserve 2014

* Riedel-trofee vir die beste Bordeaux-styl rooiversnit: Leopard’s Leap Culinaria Collection Grand Vin 2017

* Miele-trofee vir die beste chardonnay: Jordan Barrel Fermented Chardonnay 2018

* Tony-Mossop trofee vir die beste Kaapse port: Delaire Graff Cape Vintage 2017

* Makro-trofee vir die beste shiraz: Rustenberg Buzzard Kloof Syrah 2017

* Nestlé Pure Life-trofee vir die beste sauvignon blanc: Ghost Corner Sauvignon Blanc 2018

* Old Mutual-trofee vir die beste nageregwyn (ongefortifiseerd): Nederburg The Winemasters Noble Late Harvest 2018

* Trofee vir die beste pinotage: Survivor Pinotage Reserve 2017

* Trofee vir die beste rooiversnit: De Krans Tritonia Calitzdorp Blend 2016

* Trofee vir die beste nis wit-druifsoort: Painted Wolf Roussanne 2018

* Trofee vir die beste nis rooi-druifsoort: Painted Wolf Black Pack Mourvèdre 2017

* Trofee vir die beste semillon: Wildeberg White 2018

* Trofee vir die beste museumklas gefortifiseerde wyn: KWV Ruby Port 1949

* Trofee vir die beste museumklas vonkelwyn: Desiderius Pongrácz Méthode Cap Classique 2011

* Trofee vir die beste museumklas sauvignon blanc: D’Aria The Songbird Sauvignon Blanc 2014

* Trofee vir die beste museumklas semillon: KWV The Mentors Semillon 2012

Wenners: goue medalje

Die volgende wyne het ’n goue medalje by die trofeeskou ontvang:

* Bonnievale Barrel Select Cabernet Sauvignon 2015

* Boplaas Cape Vintage Reserve Port 2009 (Museum klas)

* Eikendal Cabernet Sauvignon 2017) Glen Carlou Syrah 2017

* Hidden Gems 2016

* KWV The Mentors Semillon 2015 Darling (Museumklas)

* Neethlingshof The Short Story Collection Maria Noble Late Harvest 2017

* Neil Ellis Amica 2017

* Peter Falke Méthode Cap Classique 2013 (boetiekklas)

* Spier Creative Block 2 2018

* Villion Henning Chenin Blanc 2017

* Warwick Professor Black 2018

* Zandvliet Kalkveld Shiraz 2015

Meer oor:  Old Mutual Trophy-Wynskou  |  Wyne  |  Wenwyne  |  Wenner-Wyne  |  Wynskou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.