Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Vier Vadersdag met ’n glasie van die ‘ou man’ se wyn

As jy jou “ouman” hierdie jaar op ’n spesiale manier wil bederf, is ’n glasie van Groote Post se The Old Man’s Blend net die manier om dit te doen.
Die regte 'Old Man', Peter Pentz sr., met die The Old Man’s Blend-wyne.

Op Sondag 20 Junie gaan drie generasies van die Pentz-familie, Peter Pentz sr. (die “Old Man”), sy seun Nick en kleinseun Peter, op Vadersdag byeenkom om hul ryk erfenis te vier. En jy kan dit saam met hulle vier deur van hul The Old Man’s Blend-wyne te geniet.

Die The Old Man’s Blend-reeks is in 2001 begin op versoek van Peter Pentz sr., wat vir die familie gevra het om vir hom ’n rooi versnit te skep om op wintersaande te geniet.

Die wit versnit het gevolg ná die gewildheid van die rooi versnit.

Jy kan vir Sondag kies tussen twee versnitte, afhangend waarvan die vader in jou lewe hou. Daar is die The Old Man’s Blend Red en The Old Man’s Blend White.

Die Groote Post’s The Old Man’s Blend White 2020 (R88) is ’n versnit van 50% sauvignon blanc en 50% chenin blanc. Vir die Groote Post’s The Old Man’s Blend Red 2019 (R93) is 50% merlot, 25% cabernet sauvignon en 25% shiraz gemeng om die versnit te maak.

Jy kan The Old Man’s Blend-wyne by Groote Post se kelder in Darling kry, aanlyn by groote-post-wines.myshopify.com/collections/all en landswyd by verskeie drankwinkels.

Meer oor:  Wyn  |  Geskenke  |  Vadersdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.