Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Wat gis?

Proeë by Woordfees

Daar is veel meer as musiek en vermaak by die US Woordfees en besoekers kan vanjaar weer uitsien na die Agri-Expo Landbouproe-reeks wat gedurende die fees aangebied sal word.

Proeë van vonkelwyn, spesialiskase, lamsvleis, sagtevrugte en verskeie bekroonde wyne is net ’n paar van die interessante proe-ervarings wat in dié reeks, in sy vyfde jaar, aangebied sal word. Wanneer? Vanaf Vrydag 6 Maart tot Sondag 15 Maart in Stellenbosch. Waar? Die Khaya in Ryneveldstraat, Stellenbosch.Kaartjies? Slegs 70 kaartjies per proesessie is by Compu­ticket beskikbaar.Meer inligting: Besoek www.woordfees.co.za en www.agriexpo.co.za.

Agri-Expo Landbouproe-reeks
Koop sommer nou al jou kaartjies vir die Agri-Expo Landbouproe-reeks by die US Woordfees. Foto: VERSKAF

Vanjaar se program:

  • Vrydag 6 Maart (12:00): Proe Standard Bank Chenin Blanc Top-10-uitdaging se wenners. Prys: R130 (R150 by die deur)
  • Saterdag 7 Maart (12:00): Konsortium Merino-lamsvleis en Veritas se dubbelgoue en goue rooiwyne, aangebied deur die Kaapse wynmeester Bennie Howard. Prys: R180
  • Sondag 8 Maart (12:30): ’n Viering saam met Suid-Afrika se gunstelingvonkelwyn, J.C. Le Roux. Prys: R130 (R150 by die deur)
  • Woensdag 11 Maart (12:00): Fairview-proe saam met Charle­s Back. Prys: R130 (R150 by die deur)
  • Donderdag 12 Maart (12:00): Die invloed van terroir op pinotage. Prys: R130 (R150 by die deur)
  • Vrydag 13 Maart (12:00): Hortgro-sagtevrugtefynproe saam met Buks Nel en Henk Griessel van Tru-Cape.Prys: R130 (R150 by die deur)
  • Saterdag 14 Maart (13:15): “Voedsel met integriteit”-proesessie.Prys: R130 (R150 by die deur)) Sondag 15 Maart (12:00): Proe die uitnemende wyne van Spier saam met die keldermeester Frans Smit.Prys: R130 (R150 by die deur)

Vier somerwyne

Reis dié naweek na Franschhoek vir die jaarlikse Franschhoek Summer Wines-wynfees.

Hierdie tuinpartytjie sal maak dat jy die warm somersdae selfs meer geniet – met ’n glasie van die omgewing se wyn in die hand, natuurlik!

Die streek se wynmakers sal op die dag hul kelderskatte vir die somer ten toon stel, wat witwyne, rosé, MCC en rooi­wyne in ligter style sal insluit. Die wyne wat op die dag beskikbaar sal wees, is noukeurig gekies om by die seisoen en mense se gemoedstoestand te pas. Die wyne sal die seisoen-geïnspireerde kos uit die hand van die sjef Pieter de Jager en sy span komplementeer. Gaste kan heerlik uitspan op die stoep of op die groen grasperk en die musiekvermaak geniet.Wanneer? Saterdag 1 Februarie van 12:00 tot 17:00Waar? Leopard’s Leap Family Vineyards, FranschhoekKaartjies? R295 per persoon. Vooraf bespreking via www.webtickets.co.za is noodsaaklik, want kaartjies is beperk. Dit sluit in ’n proeglas, die proe van die wyne op die fees en ’n afslagkoepon vir gebruik op die feesdag. Meer inligting: Kontak die Franschhoek-wynvallei by info@franschhoek.org.za of 021 876 2861.

Meer oor:  Us Woordfees  |  Lamsvleis  |  Vonkelwyn  |  Sagtevrugte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.