Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Wat gis

Ervaar die toweragtigheid van die oes in die hartjie van Roete 62 gedurende die Robertson-wynvallei se 12de Hands on Harvest-fees.

Geniet die wyne saam met plaaslike disse en word mee­gevoer deur die nostalgie van die platteland op sy mooiste.

Die vyf dorpe in die streek (Robertson, Ashton, Bonnievale, McGregor en Montagu) trek dié naweek saam om besoekers met ’n groot verskeidenheid kos- en-wyn-geleenthede te bederf, en nooi jou uit om saam in die opwinding te deel.

Word betower op die reis van wingerdstok tot glas, met druiwe pluk, trap en selfs jou eie wynskepping. Geniet ook wingerd- en terroirtoere saam met plaaslike boere. Loer ook agter die skerms in die kelder en leer oor die wynmaakproses.

Die naweek hou iets vir almal in. Avontuurlustiges kan hul fietse en stapskoene bring vir ’n skilderagtige roete en vars lug. Vaar op die Breërivier, soek outentieke skatte by die plaaslike markte, en geniet musiek­vermaak saam met wyn.

Groepe is klein om die beste ervaring te verseker, so bespreek vandag nog jou plek.Wanneer? Vrydag tot SondagKaartjies? Kry die program by www.handsonharvest.com en besonderhede oor waar om vir elke geleentheid te bespreek.Meer inligting: Maak kontak by admin@robertsonwinevalley.com of 023 626 3167.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.