Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Wat gis: Cool in Elgin
Sluit op 1 en 2 Mei aan by Elgin se wynkelders om die Cool-wynfees te geniet.

Oor minder as twee maande gaan die wynplase in en om Grabouw weer uithaal en wys op die jaarlikse Elgin Cool-wynfees.

Deelnemende wynplase gaan vanjaar weer vir besoekers wys waarom dié wynroete so bekend is vir sy koelklimaat-wyne. Jy kan onder meer wyn proe by die plase, smul aan kosse en deel wees van eksklusiewe feesgeleenthede soos onder meer proeë saam met die wynmaker, en keldertoere.

Gaan maak ook ’n draai by die gewilde Elgin Railway Market wat Saterdagaand die after-party gaan aanbied. Hier sal die stalletjies tot laat oop wees met musiekvermaak en ’n veiling ten bate van liefdadigheid. Daar sal ook genoeg vermaak en bedrywighede vir kinders wees en vriendelike honde op ’n leiband is welkom by van die plase.

Wanneer? Vrydag 1 en Saterdag 2 Mei.

Waar? Wynplase in die Elgin-Grabouw-omgewing.

Kaartjie? Dit kos R230 vir ’n naweekkaartjie en R180 vir ’n dagkaartjie. Die agterna-partytjie kos R150 per persoon en kaartjies is aanlyn of by die deur beskikbaar. Koop jou kaartjies aanlyn op Quicket.

Meer inligting: Besoek ecwcf.winesofelgin.co.za

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.