Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
KUIER EN KLETS
Wat gis? Kuier by Uncorked

Steeds nie heeltemal ontslae van die gevolge van kajuitkoors nie?

Dan het Franschhoek net die regte “medisyne” om van die laaste stuiptrekkings ontslae te raak.

Jy kan weer vanjaar die jaarlikse Franschhoek Uncorked-fees bywoon wat besoekers nie net die kans bied om al Franschhoek Vignerons se kelderskatte te ervaar nie, maar ook om die streek se vele ander aanbiedings te ontdek en verken.

Die deelnemende wynmakers in die streek sal hul beste voet voorsit om gaste aan die jongste oesjaarwyne bekend te stel, insluitende Cap Classiques, witwyne, roséwyne en selfs rooiwyne wat die somer soos ’n handskoen pas.

Musiekvermaak en smaaklike kos sal die spreekwoordelike kersie op die koek wees.

Wees ook op die uitkyk vir ’n paar spesiale aktiwiteite wat beslis die belangstelling gaande sal maak.

Dit sluit in ’n unieke chardonnay-en-soesji-paring en ’n trekkerrit deur die wingerde, om maar net twee te noem.

Met die meeste van die streek se wynkelders wat aan die fees deelneem, sal daar iets vir almal wees om te geniet.

Covid-19-protokol, soos van toepassing op vlak 1, sal oral van krag wees.

Wanneer?

Dit word oor die naweek van 6 tot 8 November aangebied.

Waar?

Franschhoek

Kaartjies:

R180 per persoon vir ’n naweekpas (vir al drie dae) beskikbaar by www.webtickets. co.za. Dit sluit toegang tot al die deelnemende wynmakerye, asook ’n proeglas en gratis wynproeë in.

Meer besonderhede: Kontak die Franschhoek-wynvallei by 021 8762861 of besoek www. franschhoekuncorked.co.za.

WEN!

Een leser kan vier kaartjies vir die Franschhoek Uncorked-fees wen.

Stuur ’n e-pos met “Uncorked” in die onderwerpveld en met jou naam en kontakbesonderhede na versnit@dieburger. com teen 26 Oktober.

Die wenner sal per e-pos in kennis gestel word.

Meer oor:  Ontdek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.