Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Wat gis? Proe Veritas se wenwyne

As jy sedert verlede jaar wonder hoe die 2020-Veritas-wenwyne proe, is dit nou jou kans om uit te vind.

Volgende week kan wynliefhebbers in die Paarl gaan kuier om verlede jaar se wenners van dubbelgoud- en goudmedaljes se wyne en brandewyne te proe.

Weens Covid-19-regulasies kon daar verlede jaar geen proeë aangebied word nie, maar nou word daar geleenthede beplan waar die wenners binne die volgende twee maande geproe kan word.

Tydens die eerste proe volgende week sal al 200 wenwyne en -brandewyne geproe kan word en alle Covid-regulasies sal in plek wees.

Kaartjies vir die geleentheid sluit ’n elegante wynproeglas in en Fairview en Anura se bekroonde kase sal ook te proe wees.

Onthou om vooraf die Veritas-app af te laai wat jy tydens die aand kan gebruik om jou gunstelinge aanlyn te bestel. Dit sal deur Getwine by jou deur afgelaai word nadat jy dit bestel het. Soek na VinoVeritas by CTP op Google Play Store of Apple App Store en laai dit af voor die aand.

Die datums van die volgende proeë sal binnekort aangekondig word.

Wat jy moet weet:

Wanneer? Dinsdag 20 April van 18:00 tot 21:00.

Waar? L’Atrium by die Grand Roche Hotel in die Paarl.

Kaartjies? Dit kos R200 per persoon en kaartjies is op Quicknet (www.quicket.co.za) beskikbaar.

WEN!

Besoek vandag om 10:00 Versnit se Facebook-blad vir ’n kompetisie om kaartjies na die proe te wen.

Meer oor:  Veritas  |  Proe  |  Wenwyne  |  Wyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.