Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Wellington Wines wen Generaal Smuts-trofee

Vir die tweede jaar is Wellington Wines se pinotage by die SA Jongwynskou vereer. Suzaan Potgieter het by span uitgevind waarom dié wyn so goed doen.

Die Wellington Wines-span met die Generaal Smuts-trofee. Op die foto is Johan Ehlers (Agri-Expo), Reon Richter, Francois van Niekerk, Chris Smit, Erik van Wyk en Christo Pienaar (voorsitter van die SA Jongwynskou).

Nie net is Wellington Wines se pinotage die SA kampioen nie, maar hy is ook onlangs by die SA Jongwynskou as die beste algehele jongwyn aangewys.

Die kelder het die Dr. AI Pe­rold-trofee vir die SA kampioen-pinotage gewen asook die Generaal Smuts-trofee vir die beste algehele jongwyn. Dit is wel nie die eerste keer dat pinotage van dié kelder naam maak nie – hulle is immers welbekend vir hierdie wynsoort.

By die Jongwynskou kry wynmakers die geleentheid om hul beste wyne van die huidige oesjaar ten toon te stel en hier het Wellington Wines se pinotage gewys dat hy nie ouderdom nodig het om uit te staan nie.

Francois van Niekerk, die keldermeester, skryf die wyn se sukses toe aan die Wellington-streek wat uiters goed geskik is vir die verbouing van hoë kwaliteit pinotage-druiwe.

“Ons hele span het baie passie vir wat hulle doen en gee geweldig baie aandag aan die fynere detail. Dit is ’n spanpoging.”

Die wingerd van die wenwyn is gevestig op Johan Steyn se plaas Watervlei net buite Wellington.

Volgens hom streef hulle daarna om jaarliks ’n goed gestruktureerde pinotage te produseer met goeie vrug- en hout-balans wat uitsonderlik goed kan verouder.

Die wynmaker Chris Smit sê dit verg harde toegewyde werk wat reeds in die wingerde begin, deur konstante monitering deur hul wingerdboukundige, Nikey van Zyl, asook produksiespan.

“Die wyn se sukses is ook weens presiese en akkurate wyn voorbereidingspraktyke in die kelder en die gebruik van topkwaliteit Franse eikehoutvate. Slegs nuwe vate word gebruik vir die La Cave-reeks,” sê Smit.

Hulle het ’n groot liefde vir die druifsoort en maak seker dat net die beste wyn gebotteleer word.

In die Suid-Afrikaanse mark word wynaankope deur ’n vroulike mark gedryf. Die wit pino­tage is ’n aanslag om hierdie druifsoort, wat so eg Suid-Afrikaans is, toeganklik te maak vir die vroue wat van ’n vrugtige, ligte witwyn hou.

Pinotage al die pad

Die wen-pinotage sal eers 17 maande se veroudering in vate ondergaan voor dit in Junie 2019 as deel van die La Cave-reeks gebottel sal word. Daarna sal jy dit kan koop. As jy egter nie kan wag om te proe wat hulle bied nie, kan jy die 2017 pinotage van die La Cave-reeks probeer. Hy het verlede jaar ook die SA kampioen-trofee vir beste pinotage opgeraap.

Buiten die La Cave-reeks, was hul Duke of Wellington Pinotage 2017 ook onlangs deel van die 20 finaliste van die Absa Top-10 Pinotage-kompetisie.

Om hul pinotage-reis selfs verder te neem, het hulle vanjaar ook ’n wit pinotage geproduseer.

“In die Suid-Afrikaanse mark word wynaankope deur ’n vroulike mark gedryf. Die wit pino­tage is ’n aanslag om hierdie druifsoort, wat so eg Suid-Afrikaans is, toeganklik te maak vir die vroue wat van ’n vrugtige, ligte witwyn hou,” sê Smit.

Van Niekerk sê die wit pinotage is basies ’n blanc de noir met nog minder kleur. Al lyk die wyn soos ’n witwyn, is dit 100% pinotage met aromas van aarbei, kersie en roosblare.

“Hier is ons lief vir pinotage, in alle style,” sê Smit.

  • Jy kan by Wellington Wines ’n gemengde boks pinotage teen R600 wat al die bogenoemde en nog meer pinotage-wyne insluit. Stuur ’n e-pos aan marketing@wellingtonwines.com om te bestel of vir meer inligting.
Meer oor:  Wyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.