Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
WEN! Die wonders en lekkerte van olyfolie

Of jy olyfolie gebruik om kos voor te berei, dit oor slaai of kos drup of dit aan daardie droë elmboë smeer, hierdie is een produk met baie funksies en nog meer gesondheidsvoordele.

Ekstrasuiwerolyfolie is ook bekend as evoo (extra virgin olive oil) – die beste graad suiwer olyfolie.

Die “ekstra” in die naam word bereik deur middel van ’n sensoriese analise asook ’n chemiese analise. Dit moet geen foute (soos onder meer oksidasie) toon in die aroma en geur nie. Wees altyd op die uitkyk na die Suid-Afrikaanse olyf- CTC-seël op bottels olyfolie wat bevestig dat dit 100% plaaslike evoo is.

Boonop is hierdie produk baie goed vir jou gesondheid. SA Olive deel hul top-vyf gesondheidsvoordele van evoo:

1. Help om slegte cholesterol te verlaag

Olyfolie is natuurlik cholesterolvry en bevat hoë vlakke (65-85%) van mono-onversadigde vetsure wat help om ’n gesonde cholesterolbalans te handhaaf.

2. Verminder die risiko van hartsiektes

’n Gesonde cholesterolbalans beskerm die hart en are van die opbou van plaak en verminder die kanse op kardiovaskulêre siektes.

3. Beskerm teen oksidatiewe skade

Die hoë vlakke van polifenole in evoo gee dit sterk antioksidant-eienskappe (antioksidante behou ook die integriteit van die olie deur dit te beskerm teen oksidasie). evoo is ryk aan vitamiene A, E, D en K.

4. Help om kanker te verhoed

Die antioksidante in evoo neutraliseer die vrye radikale (hoogs onstabiele elektries gelaaide molekules) in ons liggame. Hierdie ekstra vrye radikale veroorsaak oksidatiewe stres en is al gekoppel aan verskillende kankers.

5. Help voorkom of vertraag die ontstaan van diabetes

Die mono-onversadigde vet is voordelig vir diabete wat nie insulienafhanklik is nie. Dié veld word nog baie ondersoek.

Die voordeel van ’n Mediterreense dieet – hoofsaaklik groente, vrugte, kruie, neute, drae bone en volgraan, en waarin evoo die primêre vet is – is egter reeds bevestig.

WEN! al die pad met SA Olive

Een van Versnit se lesers kan ’n SA Olive-geskenkpak ter waarde van R500 wen.

Die geskenk sal ’n kombinasie van SA Olive se pryswenner-olyfolies bevat asook olyfprodukte.Om in te skryf: Stuur e-pos met ‘SA Olive’ in die onderwerplyn na versnit@dieburger.com en verskaf jou kontakbesonderhede en adres. Kompetisie sluit 26 Julie 2021.

Koop en bewaar jou olyfolie só

SA Olive deel die volgende wenke vir hoe om die regte olyfolie aan te skaf en in die kas te bewaar:

Koop:

  • Indien moontlik, koop direk van die olyfplaas (aanlyn of selfs by die plaaswinkel, want dan kan jy sommer proe ook aan die olie!).
  • As jy dit in ’n winkel koop, kyk op die etiket vir die plaas se naam, of daar “extra virgin olive oil” op staan, hoe dit gemaak is, soek die CTC-seël van SA Olive en kyk of dit ’n produk van Suid-Afrika is.
  • Plaaslike evoo is aansienlik duurder as ingevoerde of ander olies, maar dit is elke ekstra sent werd.

Bêre dit so:

Evoo kan vir 18 tot 24 maande vars bly in ’n geseëlde bottel, maar jy moet dit reg bêre as dit eers oopgemaak is. Hier is vyf wenke om te volg:

  • Hou die olyfolie so lugdig as moontlik.
  • Dit is die beste om dit in geseëlde, donker houers te stoor (soos byvoorbeeld glas) en uit direkte sonlig te hou.
  • As jy groot hoeveelhede aankoop, skink dit oor in kleiner houers om dit van lug te beskerm totdat dit gebruik word.
  • As ’n houer oopgemaak is, moet dit verkieslik binne twee maande opgebruik word.
  • Moenie evoo in die yskas bêre nie, want dit sal stol en die kondensasie sal oksidasie veroorsaak.

Geborg deur:

Mount Ceder

By Mount Ceder het hulle die unieke grondformasie van die Koue Bokkeveld gekombineer met hul kultuur van volhoubare bestuur, om die gesondheidswaarde van hul produkte te koester.

Hul ekstrasuiwer olyfolie en opregte Kalamata-tafelolywe bied ’n oorgawe van voordele van natuurlike antioksidante.

Hierdie kultuur word voortgesit op Mount Ceder in die bewaring en ontwikkeling van die mense en die natuur wat aan almal toevertrou is.

Wees deel hiervan deur hul produkte deel te maak van jou dieet.

Maak seker dat jy hulle besoek sodat die asemrowende Cederberg jou siel kan voed.

Vir meer inligting besoek gerus www.mountcederolives.co.za of www.mountceder.co.za

Tokara

Tokara se olyfolie-reis het reeds in 2000 begin toe medestigter, Anne-Marie Ferreira, besluit het om enkelvariëteit olies te produseer van die olyfboorde aan die voet van die Simonsberg in Stellenbosch.

Hierdie esktrasuiwer olyfolies (EVOO) is vandag ’n huishoudelike naam en verbruikers het baie meer begrip vir die waarde en uitsonderlike gehalte van Suid-Afrikaans vervaardigde olies, asook al die gesondheidseienskappe wat daarmee saamgaan.

“Ons glo aan die tradisionele proses – om al die fases van die olie te respekteer; vanaf die vrug aan die boom tot by die tafel. Ons kry dit reg om olies te maak wat die ware smaak van die olyf met ’n mooi gouegroen kleur vasvang,” sê Gert van Dyk, die olyfolie operasionele bestuurder.

As die olyfboorde deurlopend gemonitor word, help dit om hoëgehalte-olywe te verseker, met al die wonderlike aromas wat jy verwag as jy ’n bottel Tokara-olyfolie oopmaak.

Om meer te lees van die reeks olies en vir aankope, besoek gerus Tokara se webtuiste by www.tokara.com/olive-oil/

RIO LARGO

RIO LARGO sorg vir goud op jou bord én ’n gesonde gloed op jou wange!

Bederf jou geliefdes met ’n trots Suid-Afrikaanse olyfolie wat wêreldwyd bekroon word.

Nie net is dit uiters gesond nie, jy sal ook dol wees oor die smaaksensasie in jou mond!

RIO LARGO spog verder ook met modieuse verpakking, wat hul olyfolie die perfekte geskenk maak.

Hul voldoening aan die SA Olive-standaarde is jou waarborg van topgehalte olyfolie.

Koop joune nou by @Home of bestel dit gerieflik aanlyn deur hul webtuiste te besoek by www.oliodesignandco.co.za

Meer oor:  Olyfolie  |  Olywe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.