Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Wen met jou ‘boerekosresep met ’n twist’
Annelien Pienaar. Foto: VIA

In die sjef en kosblogger Annelien Pienaar se Boerekos met ’n twist op Via, DStv-kanaal 147, tower sy elke week nostalgiekos saam met bekende kuiergaste in splinternuwe lekkertes om. In elke episode kry geliefde boerekosgeregte ’n nuwe, hedendaagse “twist”.

Wil jy wen?

Pienaar se gelyknamige kookboek was verlede jaar een van die topverkoper-resepteboeke.

Vyf van dié kookboeke kan deur Netwerk24-lesers gewen word.

Wil jy een van die vyf boeke wen? Só maak jy om in te skryf:

  • Stuur vir ons jou nostalgieresep wat jy op ’n interessante manier nuwe lewe gegee het. Stuur die resep na anika.marais@dieburger.com teen Vrydag, 13 April om 12:00.
  • Sluit Onthou om jou naam, van, adres en kontaknommer in.die e-pos in te sluit.
  • Heg ’ook vir ons ’n foto van jouself en die gereg aan.
  • Pienaar sal self deur die resepte lees en die topvyf-resepte kies.
  • Die wenners word Maandag 16 April op Netwerk24 aangekondig.
  • Onthou om die reëls (onderaan die hierdie berig) te lees..

Wanneer is Boerekos met ’n twist op die kassie?

Dit begin Maandag Nuwe episodes wys Maandae om 18:00. Nuwe episodes word elke Maandag uitgesaai, met heruitsendings op Sondae om 16:30.

Waar kry ek die resepte?

Al die resepte wat Pienaar saam met haar bekende gaste maak, sal op Netwerk24 geplaas word. Maak seker jy is ingeteken op Netwerk24 om dié eksklusiewe resepte te kry.

Klik hier om in te teken.

Wat is die reëls?

  • Die kompetisie begin op Maandag 9 April. Die inskrywings moet teen Vrydag, 13 April om 12:00 ingestuur wees.sal nie aanvaar word nie.
  • Inskrywings moet volledig wees om vir die prys in ag geneem te word.
  • Geen werknemer of familielede van Media24 of die borge sal in aanmerking kom vir enige pryse nie.
  • Met jou inskrywing gee jy vir Netwerk24 die toestemming om jou resep op Netwerk24 te plaas en op sosiale media te deel.

Meer oor:  Via  |  Annelien Pienaar  |  Kos  |  Resepte  |  Boerekos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.