Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Wenke vir konfyt maak

Op VIA (DStv-kanaal 147) se landbouprogram Nisboere verken die aanbieders Malixole “Mali” Gwatyu, Anrich Herbst, Chris de Clerq en dr. Simonia Magardie die stories van mense wat met min grond maar baie gees boer.

In dié reeks artikels kyk ons na die stories, resepte en raad wat jou sal inspireer om in jou agterplaas of tuin te begin boer.

x

Op die plaas Achtervlei in Piket-Bo-berg word die groeiende jong onderneming FruitLips gehuisves. Liebré Jacobs koop vrugte by haar pa, Kobus Eigelaar, wat sy en haar span tot konfyt, marmelade, blatjang en vrugte in stroop verwerk. Hulle het 70 resepte in hul repertoire waarvolgens hulle produkte berei.

Haar vennote is Elouise Josephs, wat die produksie hanteer, en haar ma, Deidré Eigelaar, wat die finansies hanteer “want niemand wou dit doen nie en iemand móét”.

x

Een van die interessantste vrugte wat hulle verwerk, is persimmons. (Kobus sê: “Die mooi ding van ’n persimmon is as jy hom oopsny, gee hy vir jou ’n sterretjie-effek.”)

Liebré sê van die heel rypes word ’n lae-suiker-produk vir ’n supermarkgroep gemaak. “Van dié wat harder is, maak ons blatjang en die heel hardstes skil ons en lê dit soos perskes of koejawels in.”

FruitLips se herwonne water word in die kruie- en groentetuine gebruik. Die kruie word in die produkte gebruik en die personeel kan die groente huis toe neem. Die skille en pitte van die vrugte word gebruik en van die vrugte-afval word ’n biologiese bemestingstof met die hulp van rooi erdwurms gemaak.

As jy wil konfyt maak . . .

x

1. Hou hierdie wenke van die kosskrywer Dine van Zyl in gedagte. Dit kom uit haar boek Agter die lekker aan.

2. Kook die vrugte stadig om die pektien vry te stel. Soms word suurlemoensap bygevoeg om die konfyt beter te laat jel, of pektien word       bygevoeg.

3. Eers as die vrugte goed sag is, kom die suiker by. Dit gee ’n mooi ligte konfyt.

4. Laat die vrugte effens afkoel voordat jy die suiker byvoeg, anders sal die konfyt sandsuiker.

5. Nadat die suiker bygevoeg is, word die konfyt taamlik vinnig en sonder deksel gekook. So bly die konfyt lig van kleur.

6. Roer kort-kort. Skuim af met ’n gaatjieslepel en skep die pitte af, indien nodig.

x

Wat gebeur nog ‘Nisboere’?

Mali gaan kuier op die Harmony Queen Farm by Hazyview, waar hy met Andy McQueen en sy seun Bruce oor hul avokadoboerdery gesels.

Hulle meen om avokado’s te oes, moet jy sag vat, maar murg in jou pype hê. Elke werker pluk 400 kg per dag en as hy klaar is, moet hy sy spanmaats gaan help klaarmaak.

Philip was by Zaad Holdings waar gewasse geplant en getoets word “om die beste moontlike produkte en kennis aan die boere te lewer”. Hy het met Eugene Muller en Floris Kotze gesels wat onder meer oor soetrissies gepraat het.

Sowat 80% van die mark verkies groen soetrissies terwyl 15% die rooies verkies en 5% die geles. Die ideale soetrissie is amper vierkantig sodat hy maklik gebêre en vervoer kan word.

  • Nuwe episodes van Nisboere wys elke Dinsdag om 21:00 op VIA, met heruitsendings Sondae om 16:30. Nisboere word in samewerking met Laeveld Agrochem aangebied.
Meer oor:  Via  |  Nisboere  |  Konfyt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.