Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Wenners wys wat hulle met pinotage kan doen

Pinotage is lankal nie meer daardie onbekende druifsoort waarvan min mense weet nie: Dit is trots Suid-Afrikaans, verskyn op elke wynrak en in baie huise én boonop kan jy regdeur die jaar hierdie druifsoort geniet.

Beyers Truter, voorsitter van die Pinotage Assosiasie, tydens die klein prysseremonie wat vanjaar vir die wenners gehou is.

Of dit ’n pinotage met groot smake is vir die winter, ’n Kaapse Versnit vir koue aande voor die kaggel of ’n pinotage rosé vir sonnige dae – pinotage is nie net veelsydig nie, maar ook ’n wenner vir enige geleentheid.

Verlede week is die goeie gehalte en veelsydigheid van pinotage ten toon gestel toe die 2020 Perold Absa Kaapse Versnit- en Pinotage Rosé-wenners aangewys is.

Albei kompetisies, onder die vaandel van die Pinotage Assosiasie en ondersteun deur Absa, se wenners is verlede Dinsdagaand aangekondig.

Hier is vanjaar se wenners:

Perold Absa Kaapse Versnit

Vanjaar se vyf wenners vir die Kaapse Versnit-kompetisie het bestaan uit ou bekendes en selfs ’n paar nuwe wenners.

Wat hierdie kompetisie so uniek maak, is dat Kaapse versnitte ’n rooiversnit eg aan Suid-Afrika is met die hoofkomponent van ingeskrewe versnitte wat minstens 30% en nie meer as 70% pinotage moet wees.

Vanjaar se Kaapse Versnit-wenners is (van links) PG Slabbert (Stellenbosch Hills), Pierre Wahl (Rijk’s), Izele van Blerk (KWV), JD Pretorius (Warwick) en Francois van Niekerk (Wellington Wines).

Sedert die kompetisie se ontstaan in 2011, is dit ’n geleentheid vir wynmakers om te wys wat hulle alles met pinotage kan maak. Volgens die organiseerders en beoordelaars is die uitstaande kwaliteit van vanjaar se wenners ’n bewys dat wynmakers hul begrip van die terroir al hoe meer verbeter om sodoende uitstaande en unieke versnitte te maak.

Die inskrywings vir vanjaar se kompetisie kom van ’n verskeidenheid Suid-Afrikaanse wynstreke met ’n kombinasie van style en versnit-kombinasies. Twee van die wenners kom uit Stellenbosch, met Tulbagh, Wellington en ’n wyn van druiwe uit die kusstreek wat die topvyf voltooi.

Die wyne is by Nederburg in die Paarl beoordeel deur vanjaar se beoordelaars, Wilhelm Pienaar, Danie Steytler, Rüdger van Wyk, Corlea Fourie en Charles Hopkins.

Volgens Pienaar, wat die sameroeper van die paneel was, is dit ’n baie opwindende wynkategorie en dat die produsente groei in selfvertroue en selfs die beste pinotage in die kelder vir hierdie versnitte maak.

“Suid-Afrikaners het deesdae meer kennis en waardering vir werklike goeie wyn. Met kompetisies soos die Kaapse Versnit lei ons die gebruikers se blootstelling tot selfs beter gehalte wyne en dat hulle die ervaring van elke bottel wyn kan geniet,” sê De Wet Viljoen, ondervoorsitter van die Pinotage Assosiasie.

“Namens Absa wil ek hartlik geluk aan elk van vanjaar se wenners sê. Die Covid-19-pandemie en sy beperkings het dit ’n uitdagende jaar vir alle Suid-Afrikaners gemaak, veral vir die wynbedryf, wat ’n groot bydraer is tot die land se werksmark,” sê John Tshabalala van Absa

“As ’n trotse vennoot van die Pinotage Assosiasie is ons aangemoedig deur die veerkragtigheid wat deur die wynmakers in hierdie moeilike tye gewys is. Absa herbevestig ons verbintenis en ondersteuning tot die bedryf en wens dit volgehoue sukses toe vir die toekoms.”

Vanjaar se finaliste was Anura Signature Cape Cuveé 2017, Flagstone Dragon Tree Cape Blend 2018, KWV The Mentors Perold Cape Blend 2018, Lyn­grove Platinum Latitude 2017 en Viljoensdrift River Grandeur Cape Blend 2018.

Pinotage Rosé

Daar is geen beter tyd as lente om weer die rosé nader te trek vir ’n glasie in die son nie en met die aankondiging van die Pinotage Rosé-wenners is daar meer as genoeg opsies.

Die vyf Pinotage Rosé-wenners is (van links) Magnus Kriel (Merwida), Christoff de Wet (De Krans), Reinard Odendaal (Aaldering), Jeremy Borg (Painted Wolf) en Philip Viljoen (Bon Courage).

Hierdie kompetisie is vir die eerste keer in 2017 gehou en het sedertdien aansienlik in gewildheid gegroei, met al hoe meer inskrywings. Weens dié groei, maak al hoe meer produsente Pinotage Rosé as deel van hul wynportefeulje.

Vanjaar se vyf wenners is gehalte-gedrewe en verfrissend. Dit wys ook nuanse en statigheid en die veelsydigheid van pinotage-wynstyle.

“Dit is sag gestel om te sê dat ons verras is om die entoesiasme van soveel produsente wat belangstel in die kompetisie, te sien.

“Die idee dat bottels met wenplakkers verkoop, sit ons fenomenale produsente boaan die lys as dit kom by die koop van Pinotage Rosé,” sê Viljoen.

Die beoordelaarspaneel het ook bestaan uit Pienaar, Steytler, Van Wyk, Fourie en Hopkins.

2020 Kaapse Versnit-wenners

* KWV The Mentors Perold Cape Blend 2017

WO Kustreek

Versnit van pinotage, cabernet sauvignon, shiraz, malbec en petit sirah

Wynmaker: Izele van Blerk

* Rijk’s Pinotage/Syrah 2015

WO Tulbagh

Versnit van pinotage en syrah

Wynmaker: Pierre Wahl

* Stellenbosch Hills Suikerboschrand Cape Blend 2015

WO Stellenbosch

Versnit van pinotage, shiraz, cabernet sauvignon en merlot

Wynmaker: James Ochse

* Warwick Three Cape Ladies 2017

WO Stellenbosch

Versnit van cabernet sauvignon, pinotage en cabernet franc

Wynmaker: JD Pretorius

* Wellington Wines La Cave Cape Blend 2018

WO Wellington

Versnit van pinotage, cabernet sauvignon en merlot

Wynmaker: Francois van Niekerk

* Wyn van oorsprong (WO)

2020 Pinotage Rosé-wenners

* Bon Courage Lady of the House Pintage Rosé

WO Robertson

Wynmaker: Jacques Bruwer

* De Krans Pinotage Rosé 2020

WO Wes-Kaap

Wynmaker: Christoff de Wet

* Merwida Pinotage Rosé 2020

WO Wes-Kaap

Wynmaker: Magnus Kriel

* Painted Wolf Ros Pinotage Rosé 2020

WO Paarl

Wynmaker: Jeremy Borg

* Florence by Aaldering Pinotage Rosé 2020

WO Stellenbosch

Wynmaker: Reinard Odendaal

Beste pinotage Woensdag aangewys
 

Die wenners van die 24ste Absa Top-10 Pinotage word Woensdag 7 Oktober bekend gemaak en jy kan ook uitsien na die wenners van die museumklas. Met 149 wyne vanaf 80 kelders wat ingeskryf is, word die 20 finaliste jaarliks aangekondig, waarna die top-10-wenners bekend gemaak word.

Vanjaar se finaliste is wyne vanuit Stellenbosch, Durbanville, die Swartland, Tulbagh, die Paarl, Robertson, Walkerbaai, Wellington en Worcester – ’n goeie verteenwoordiging van die Suid-Afrikaanse wynstreke.

Vanjaar se beoordelaars was Winnie Bowman (Kaapse wynmeester en sameroeper 
van die paneel), Georgio Meletiou (Tsogo Sun-sommelier), Frans Smit (Spier-keldermeester), Fiona McDonald (wynskrywer) en Solly Monyanane (wingerdboukundige en 2019 se protégé-beoordelaar).

* Lees 14 Oktober in Versnit meer oor die wennerwyne.

Die 2020 Absa Top-10-finaliste

  • Aan de Doorns Pinotage 2018

WO Worcester

Wynmakers: Gert van Deventer en Chris Geldenhuys

  • Anura Signature Pinotage 2017

WO Simonsberg-Paarl

Wynmaker: Stander Maass

  • Beyerskloof Diesel Pinotage 2016 & 2017

WO Stellenbosch

Wynmaker: Anri Truter

  • Beyerskloof Pinotage Reserve 2017

WO Stellenbosch

Wynmaker: Anri Truter

  • Conradie Family Vineyards Pinotage 2019

WO Wes-Kaap

Wynmaker: C.P. Conradie

  • Delheim Vera Cruz Pinotage 2016

WO Simonsberg-Stellenbosch

Wynmaker: Roelof Lotriet

  • Diemersdal The Journal Pinotage 2018

WO Durbanville

Wynmaker: Thys Louw

  • Durbanville Hills Collectors Reserve Pinotage 2017

WO Durbanville

Wynmaker: Wilhelm Coetzee

  • The Glen Carlou Collection Pinotage 2019

WO Swartland

Wynmaker: Johnnie Calitz

  • Kaapzicht Pinotage 2018

WO Stellenbosch

Wynmaker: Danie Steytler

  • Pulpit Rock’s Brink Family Vineyards Pinotage 2018

WO Swartland

Wynmaker: Dewald Huisamen

  • Rijk’s Reserve Pinotage 2015

WO Tulbagh

Wynmaker: Pierre Wahl

  • Rijk’s Private Cellar Pinotage 2014

WO Tulbagh

Wynmaker: Pierre Wahl

  • Simonsig Redhill Pinotage 2018

WO Stellenbosch

Wynmaker: Michael Malan

  • Spier 21 Gables Pinotage 2017

WO Stellenbosch

Wynmaker: Johan Jordaan

  • Springfontein Single Vineyard Jonathan’s Ridge Pinotage 2016

WO Walkerbaai

Wynmaker: Tariro Masayiti

  • Viljoensdrift River Grandeur Single Vine-yard Pinotage 2018

WO Robertson

Wynmaker: Fred Viljoen

  • Wellington Wines La Cave Pinotage 2018

WO Wellington

Wynmaker: Francois van Niekerk

  • Windmeul The Legend Collection Pinotage 2018

WO Paarl

Wynmaker: Abraham van Heerden

Finaliste in die museumklas

  • Flagstone Writer’s Block Pinotage 2008

WO Breedekloof

Wynmaker: Gerhard Swart

  • Kanonkop Pinotage 2009

WO Simonsberg-Stellenbosch

Wynmaker: Abrie Beeslaar

  • Neil Ellis Vineyard Selection Pinotage 2010

WO Jonkershoek Valley in Stellenbosch

Wynmaker: Warren Ellis

  • Rijk’s Reserve Pinotage 2007 & 2010

WO Tulbagh

Wynmaker: Pierre Wahl

  • Rijk’s Private Cellar Pinotage 2010

WO Tulbagh

Wynmaker: Pierre Wahl

Meer oor:  Wyn  |  Pinotage  |  Versnit  |  Wen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.