Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Wêreldkampioen-sider is van SA!

Appel is koning in Ceres, maar nou is appelsiders koning van die siderwêreld nadat Loxtonia hoogste verering by ’n internasionale kompetisie gekry het.

Loxtonia, sider-produsent en familieonderneming in die Ceresvallei, is verlede week as die algehele kampioen by die internasionale sider-uitdaging (ICC) aangewys.

Die Alexandra Blush Méthode Traditionelle, hul eerste bottel gefermenteerde sider, het die rosé-trofee by hierdie Londen-kompetisie verower en is toe ook as die “Supreme Champion” aangewys. Die ligpienk Méthode Traditionelle-sider is stadig op die tradisionele Franse Champagne-metode gemaak en toon kompleksiteit weens 15 maande se bottelveroudering op die gismoer.

Daar was 150 inskrywings van 18 lande by vanjaar se ICC, en Loxtonia se Alexandra Blush was die enigste Suid-Afrikaanse trofeewenner.

Die Whitfield-familie maak sedert 2013 ’n reeks siders op die plaas en gebruik slegs tuisgekweekte, 100% vars gedrukte en natuurlik gefermenteerde appels daarvoor.

Die idee vir ’n Méthode Traditionelle-sider in ’n vonkelwynbotttel kom van Larry Whitfield, stigter en hoof-sidermaker. Hy het die geheime projek aangepak vir sy dogter Alexandra se troue. Die Alexandra Blush met sy pienk skynsel spog met sagte borrels en helder appelsorbet-, aarbei- en gekarameliseerde neut- smake, terwyl die Alexandra Brut ’n meer heuningkleur het met appel-brulée-, vanielje- en geroosterde pruim-smake. Albei sal teen die lente vrygestel word.

  • Besoek www.loxtonia.co.za om te bestel of vir meer inligting.
Meer oor:  Ceres  |  Wêreldkampioen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.