SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Kos en Wyn
Wicus van der Merwe se steak-pastei met slaptjips

Op VIA (DStv-kanaal 147) se kosprogram Maklik met Marinda gee die eksentrieke Marinda Engelbrecht kitsklasse aan bekendes wat in die kombuis sukkel.

In dié episode neem sy en die komediant en sanger Wicus van der Merwe die kombuis op horings. Wicus hou van braai, maar in dié episode wys sy vir hom hoe om ’n heerlike maaltyd te maak.

qØyúÖç;
Steak-pastei

  • 80 ml grofgemaalde peper
  • 1 kg filet of verouderde kruisskyf
  • 30 ml olie
  • 40 ml brandewyn
  • 125 ml dik room
  • 100 ml aftreksel
  • 80 g sagte groenpeper-korrels
  • sout en peper na smaak
  • een rol gekoopte skilferkorsdeeg
  • 1 eier, geklits

Plaas die grofgemaalde peper op ’n houtbord, en rol die biefstuk in die peper om ’n kors te vorm. Sny die biefstuk in repies. Gooi die olie in ’n pan, verhit en braai die biefstukrepies liggies tot bruin. Haal uit die pan, bedek met foelie en laat dit rus.

Gooi die brandewyn in dieselfde pan en laat dit so ’n bietjie kook totdat die stukkies agtergeblewe vleis los is. Voeg die room, aftreksel en groenpeper-korrels by die brandewyn en laat dit afkook totdat dit verdik. Geur na smaak.

Plaas die biefstukrepies terug in die sous en laat dit vir so ’n minuut deurkook. Sit dit eenkant om af te koel.

Rol die skilferkorsdeeg oop op ’n gladde oppervlak, sit ’n bord onderstebo op die deeg en sny ’n sirkel deeg uit. Skep die vleismengsel op die een helfte van die sirkel, vou die ander helfte bo-oor die vleismengsel, sodat jy ’n halwe sirkel het en druk die kante toe met ’n vurk. Verf die eier bo-oor die deeg en bak teen 180 ºC tot die deeg mooi bruin is.

Maklik!

qØyúÖç;
Rooiwynsous

  • 1 ui, fyngekap
  • 30 ml olyfolie
  • 4 takkies tiemie
  • 4 knoffelhuisies, gekneus
  • 1 bottel goeie rooi wyn
  • 250 ml aftreksel
  • 1 takkie roosmaryn
  • sout en peper na smaak
  • 100 ml botter, in blokkies gesny

Braai die uie in die olyfolie tot glaserig. Voeg die res van die bestanddele, behalwe die botter by en laat dit vinnig afkook totdat jy ongeveer 250 ml oor het. Verwyder die kruietakkies en roer die botter blokkie vir blokkie by totdat die botter ingewerk is en die sous mooi blink.

Maklik!

qØyúÖç;
Slaptjips

Sny soveel geskilde aartappels soos jy benodig in vingers en sit dit eenkant.

Verhit genoeg olie in ’n pan of gebruik ’n diepbraaier. Braai die skyfies op ’n lae hitte vir 10 minute, dreineer en laat dit koud word.

Net voor jy dit opdien, maak die olie redelik warm en braai die skyfies weer tot goudbruin.

Dreineer op kombuispapier en geur met sout.

Maklik!

  • Nuwe episodes van Maklik met Marinda word elke Donderdag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai.
Meer oor:  Via  |  Marinda Engelbrecht  |  Maklik Met Marinda
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.