Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Worcester se versteekte juwele

Van lekker wyn en groot porsies kos tot gasvryheid in oorvloed is net ’n paar dinge wat uitstaan van die Worcester-wynroete, skryf Suzaan Potgieter.

By Stettyn kan jy nie ’n kans om die kaasbord te geniet misloop nie. Dit werk goed saam met byna al die wyne. Foto’s: VERSKAF

Met die Nuyvallei-fees én Moedersdag wat die naweek gevier word, is die Worcester-wynroete net die plek om te wees.

As jy nie die fees kan bywoon nie en met jou hande in jou hare sit oor hoe om die vrou in jou lewe te bederf, kan jy beslis aansluit by een van die kelders op die roete vir ’n wynproe of iets om te eet.

Boonop is dit ’n heerlike en nie te lang rit nie, so ’n uitstappie is in orde.

In die middel, Cyril!

Tussen Villiersdorp en Worcester sal jy een van die vallei se versteekte juwele by Stettyn vind.

Dié proelokaal is net die plek vir ’n luilekker kuier saam met vriende met wyn en peuselhappies in oorvloed.

Hul wye reeks wyne sluit onder meer wit en rooi in en iets vir elke smaak. Probeer gerus die Stone White 2018 (R45), ’n versnit van chenin blanc en sauvignon blanc, asook die Chardonnay Pinot Noir 2018 (R55), wat ’n gunsteling is vir enige seisoen van die jaar.

Vir rooiwyne moet jy die vrugtige en lekker Cabernet Sauvignon 2016 (R60) en The Guardian 2015, ’n versnit van cabernet sauvignon en shiraz (R100), proe.

Hulle maak ook die heerlikste kaasborde met kase, vleise, olywe, vye, vars brood en vele meer. Dit kos R195 vir twee mense.

Stettyn is Maandae tot Vrydae oop. In die somermaande is hulle Saterdae ook oop.Jou kontak: 023 340 4220

Elke Mensa-wyn van Overhex vertel ’n storie en boonop is die wyne gepas om saam met ’n boek voor die kaggel te geniet

Gebalanseerde besoek

Die naam Overhex sal miskien nie by jou ’n klokkie lui nie, maar die wynreekse is onder almal bekend en gewild.

Hier kan jy die Balance-, Mensa- en Survivor-wynreeks proe en iets by die restaurant eet.

Met soveel keuses gaan dit moeilik wees om te kies, maar jy moet beslis die Mensa-reeks op die proef stel.

Dié reeks se drie wyne is verlede jaar bekendgestel en bestaan uit ’n sauvignon blanc (R77), chardonnay pinot noir (R77) en cabernet sauvignon (R87) in. Al drie is lekker ligte drinkwyne vol vrug en geur.

Boonop kom hierdie bottels saam met ’n app wat gebruik kan word om die bottel te skandeer waarna ’n boek opduik wat die wyn se hele storie onthul.

Dit kos R10 (twee wyne) of R20 (vier wyne) om die Bal­ance-reeks te proe, R15 (twee wyne) of R30 (vier wyne) vir die Survivor-reeks, en R10 vir die drie wyne van die Mensa-reeks.

Dit is ook net die stopplek vir ’n lekker ete voordat jy jou wynproe dalk elders in die vallei afskop. Hulle bedien soggens ontbyt, wat croissants (R45/R60) of Franse roosterbrood (R65) insluit.

Middae kan jy smul aan ’n hoenderschnitzel (R85/R100), burger (R95/R115) of heerlike pizza (tussen R50 en R130).

Overhex is Maandae tot Sondae oop.Jou kontak: 023 347 5012

Maklike stopplek

Gerieflike geleë langs die N1, is De Wet Cellar ’n maklike plek om by aan te doen – op pad na of terug van jou bestemming af.

Hier word ’n eenvoudige wynmaakproses gevolg met die fokus op die vrug. Dit kan duidelik geproe word in onder meer die Sauvignon Blanc 2019 (R50), enkelwingerd- Chenin Blanc 2017 (R60) en Cabernet Sauvignon 2017 (R75).

Nuy-vallei hou die naweek fees

Die vallei vier vanjaar weer sy druiweoes met die jaarlikse Nuyvallei-fees.

By die fees kan jy uitsien daarna om tradisionele kosse asook olywe te proe en na musiek te luister terwyl jy goeie wyn geniet.

Deelnemende kelders sluit in

die Nuy-wynkelder by Nuy on the Hill, Conradie Penhill Artisanal Wines, die Willow Creek-olyflandgoed en Leipzig Country House and Winery. Hulle is almal op die R60, halfpad tussen Worcester en Robertson, geleë.

Vir feesgangers met te veel adrenalien begin die feestelikhede met ’n bergfiets- of voetslaan­uitdaging.

Mense wat eerder rustig die sonnetjie en vars lug wil geniet, kan luister na die verskeie kunstenaars wat gaan optree.

Ouers kan ook ontspan, want daar is verskeie aktiwiteite om die kinders besig te hou.

Kaartjies sluit ritte op die Nuyvallei Tractor Express in, wat jou gratis na die verskillende lokale sal vervoer.

Wanneer? Saterdag

Waar? Vier plase in die Nuy­vallei

Kaartjies? Dit kos R95 vir volwassenes en R35 vir tieners (13 tot 17 jaar). Toegang vir kinders onder 12 is gratis. Dit is aanlyn beskikbaar by Webtickets of op die dag by die hekke.

Meer inligting: Besoek www.nuyvalleyfestival.co.za of stuur e-pos na info@nuyvalleyfestival.co.za.

Hul reeks soetwyne, wat ’n rooi en wit muskadel (albei R50) insluit, moet ook geproe word.

Laastens is die Cravate MCC 2016 teen R150 ’n bederf van chardonnay en pinot noir wat in sy elegante swart bottel vir enige spesiale geleentheid geskik is.

Dit kos R30 om wyn te proe.

Die proelokaal maak ook kaas-en-vleisborde wat saam met ’n wynproe geniet kan word teen R250 vir twee mense.

Hulle is Maandae tot Saterdae oop.Jou kontak: 023 341 2710

Ken jy tannat?

’n Besoek aan is altyd interessant met ’n paar bekende maar ook onbekende wyne op die lys.

Dit strek van die gewilde tannatwyne en pinot grigio tot ’n petite sirah – en dan is daar nog ’n rits bekende wyne ook.

Hier moet jy die Pinot Noir Rosé 2018 (R71) probeer, asook die Chardonnay 2018 (R81), Tannat 2016 (R149) en Pinot Noir 2016 (R93).

Al die wyne is selfs nog lekkerder as jy dit op die stoep staan en drink terwyl jy uitkyk oor die springbokkies wat daar bokspring.

Dis kos R40 om twee witwyne en twee rooiwyne te proe.

Hulle het ook ’n bistro wat onder meer hoenderslaai (R80), wildspastei (R100), burgers (R100) en ’n kaas-en-vleisbord vir twee mense bied.

Eagle’s Cliff is Maandae tot Vrydae oop en voorafbesprekings vir etes is noodsaaklik.Jou kontak: 023 340 4112

Meer oor:  Worcester  |  Kos En Wyn  |  Versnit  |  Wynroete
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.