Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Wynmakers van die jaar word bekroon

Die wenners van die jaarlikse Diners Club Wynmaker en Jong Wynmaker van die Jaar is twee naweke gelede aangewys.

Daniel Keulder (Nitida Wines) en Herman du Preez (Stellenrust Wines) is onderskeidelik as die wynmaker en jong wynmaker aangewys tydens ’n dinee by die La Residence Hotel in Franschhoek.

Vanjaar se kategorieë vir die pryse was pinot noir vir die wynmaker en witwyn vir die jong wynmaker.

Herman du Preez van Stellenrust (links) en Daniel Keulder van Nitida is onlangs onderskeidelik aangewys as vanjaar se Diners Club Jong Wynmaker van die Jaar en Wynmaker van die Jaar. Foto: Verskaf

Nadat die inskrywings ontvang is, is vyf wynmakers in elke kategorie gekortlys vir die prys.

Keulder se Nitida Pinot Noir 2017 en Du Preez se The Apprentice White Cinsault 2018 het albei die beoordelaars beïndruk.

Buiten vir die titel wat hulle kry, ontvang Keulder ook R50 000 en Du Preez R25 000 én ’n reis na ’n wynproduserende bestemming.

Vanjaar se beoordelaars was Nigel Greening (internasionale beoordelaar), Carrie Adams, Debi van Flymen, Michael Crossley, Nomonde Kubheka en Gregory Mutambe.

Meer oor:  Wyn  |  Versnit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.