Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Wynoesherdenking aanlyn gevier

Die jaarlikse Wynoesherdenking wat die jaar se oes seën en die wynbedryf se lang bestaan vier, gaan vanjaar aanlyn plaasvind te midde van Covid-19.

Dit plaas egter nie ’n demper op die vieringe nie, want drie nuwe toekennings word vanjaar bygevoeg.

Volgende Dinsdag word Suid-Afrika se eerste wynoes 362 jaar gelede gevier, wat op dié dag in 1659 deur Jan van Riebeeck in sy dagboek opgeteken is.

Dit is vanjaar die tiende keer dat die jaarlikse Wynoesherdenkingsgeleentheid op Groot Constantia aangebied word, maar vanjaar gaan dit aanlyn plaasvind in plaas van die groot vieringe in die verlede. Tydens die geleentheid gaan die seën op die oes plaasvind, die herdenking van die 362ste bestaansjaar van die wynbedryf en die verering van rolspelers.

Skakel Dinsdagaand aanlyn in om te sien wie vanjaar die ontvanger van die 1659-toekenning vir visioenêre leierskap by die jaarlikse Wynoesherdenking is. Verlede jaar het die ynmaker en rugbylegende Jan Boland Coetzee (foto) die toekenning ontvang.

Jaarliks ontvang ’n wynikoon of -instansie die spesiale 1659-toekenning vir visioenêre leierskap vir sy/haar/hul bydrae tot die bedryf, maar vanjaar gaan daar ook vir die eerste keer drie nuwe toekennings toegeken word.

Dit word toegeken in die kategorieë vir diversiteit en transformasie; wynwaardering en wynbevordering, en wingerdbou en wynskepping. Die doelwit van die nuwe toekennings is om meer mense in die bedryf te vereer vir hul bydraes tot die bedryf.

Die wynmaker en rugbylegende Jan Boland Coetzee was verlede jaar die ontvanger van die 1659-toekenning vir visioenêre leierskap.

Hierdie aanlyn geleentheid is oop vir almal om te kyk en sluit optredes deur die internasionaal bekroonde operasangers en susters Pretty en Nombulelo Yende in.

Die Wynoesherdenking word deur Agri-Expo georganiseer en in vennootskap met Groot Constantia Landgoed, Die Burger, Standard Bank, Vinpro en die TOPS at SPAR Wine Show aangebied.Wanneer? Dinsdag 2 Februarie 2021 om 19:00Waar? Kyk dit aanlyn by www.sawineharvest.co.za

Meer oor:  Wyn  |  Wynbedryf  |  Versnit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.