Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Wynprofiel: ’n Reis

In ’n ongewone wending het Zinaschke Steyn (33) se reis as wynmaker nie begin met wynmaakstudies ná skool nie. Dié nuwe rooiwynmaker by Nederburg het eers haar slag met woorde beproef voor die passie vir wyn haar gegryp het.

Sy het ná matriek gewerk as ’n proefleser by ’n drukkery op Worcester, maar kort daarna besluit sy wil eerder brandewyn maak en ’n BSc-graad in chemiese ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch (US) studeer.

Zinaschke Steyn is aangestel as Nederburg se nuwe rooiwynmaker.

“Ná byna twee jaar in die Kaap het dit duidelik geword dat wynmaak my persoonlikheid beter pas,” verduidelik Steyn.

“Ek hou daarvan om my hande vuil te kry en van die begin af fisiek betrokke te wees in plaas daarvan om met wyn te werk wat gedistilleer moet word.

“Ek sou meer met die elemente te doene kry en elke oesjaar as ’n geheel en al nuwe projek pak. Dis die antisipasie van nuwe uitdagings, nuwe grense en nuwe antwoorde elke jaar – daardie toestand van veranderlikheid – wat my aanstaan. En toe ontmoet ek vir oom Willie van Zijl in 2007 by Elsenburg, en die res is geskiedenis.”

In 2010 het sy haar BAgric-graad in wynmaak en wingerdbou by Elsenburg voltooi en as wynmaker gewerk by die Overhex-wynkelder, die KWV en GlenWood Vineyards.

Sy is in 2018 aangestel as assistent-rooiwynmaker by Nederburg.

“Die blootstelling aan wat al hierdie wynliefhebbers gelukkig maak en hoekom hulle Nederburg kies, was net te goed om te laat vaar.”

Nou neem sy die leisels as rooiwynmaker oor by Samuel Viljoen, wat nou in beheer is van die hele Nederburg-kelder, en is opgewonde oor die uitdaging,

“[Ek] besef ook ek het groot skoene om te vul. Met Samuel se ondersteuning, wat my twee jaar lank onder sy vlerk geneem het, voel ek ek’s slaggereed.

Hoe gelukkig is ek om voortdurend te kan reflekteer en hersien en ontwikkel. Dit hou my op my tone en stel my in staat om te groei.

“Ek is ook dankbaar vir my span by die kelder en sien daarna uit om nou met hulle saam te werk. Hulle almal is ’n onmisbare deel van my wynmaakreis op Nederburg.

“Nederburg bied ’n wonderlike omgewing om klassieke wyne te verfyn, om byvoorbeeld ons druifsoortheld, cabernet sauvignon, verder uit te bou, maar ook om te eksperimenteer met ander, minder bekende kultivars, nuwe denke en praktyke, en om te sien hoe nuwe tegnologie dit wat ons doen, kan verbeter.

“Hoe gelukkig is ek om voortdurend te kan reflekteer en hersien en ontwikkel. Dit hou my op my tone en stel my in staat om te groei.”

Meer oor:  Versnit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.