Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
10 mans durf 102 km aan vir vroue met borskanker

Tien bekendes in Kaapse drawwerskringe kry hul tekkies gereed om deel te neem aan ’n ultramarathon ten bate van vroue met borskanker.

’n Groep van tien mans sal op 29 November die 10 Squared-ultramarathon aanpak en elk 100 km aflê in ’n poging om R100 000 in te samel ten bate van Project Flamingo.

Dié organisasie sonder winsbejag samel geld in vir vroue wat operasies weens borskanker nodig het, maar nie ’n mediese fonds het om daarvoor te betaal nie.

Volgens JT Slingers, organiseerder van die marathon, is die vroue ook dikwels op ’n lang waglys omdat hulle afhanklik is van staatsgeriewe soos die Groote Schuur- en Tygerberg-hospitale om hulle te help.

Van die Kaap se beste drawwers maak gereed om op 29 November elk 100 km af te lê ten bate van Project Flamingo, wat vroue met borskanker geldelik ondersteun. Foto: Verskaf

“Die marathon is briljant omdat dit tien van die stad se bekendste drawwers se kundigheid en ervaring saamvoeg. Ek is bevoorreg om deel te wees van die projek, wat poog om ’n verskil in vroue se lewens te maak,” sê Slingers.

Al is daar oorgenoeg ervare vrouedrawwers wil die projek juis hê dit moet mans wees wat vir vroue ’n verskil wil maak.

“Veral in die maand waarin bewustheid teen geslagsgeweld bevorder word,” sê Slinger.

Die tien deelnemers het reeds R78 000 ingesamel.

Hulle sal graag dié bedrag wil verdubbel in hul poging om hul oorspronklike doelwit van R100 000 te oortref.

Alle fondse sal direk aan Project Flamingo betaal word.

Dr. Liana Roodt, stigter, sê die geld word gebruik om die minimum verpleeg- en mediesesorgkoste (R4 000 per operasie) te dek. Vir die operasies word daar staatgemaak op chirurge, narkotiseurs en ander mediese personeel wat hul tyd en kundigheid beskikbaarstel om die operasies uit te voer.

Die projek het weens die inperking vanweë die Covid-19-pandemie reeds ’n lang waglys van sy eie.

“Ons werk hard om die agterstand in te haal en het ’n rekord aantal operasies wat beplan word in die komende weke,” sê Roodt.

Meer oor:  Borskanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.