Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
179 kospotte vir armes ná Ramadaan

Vier ton vleis, drie ton aartappels en twee ton uie.

Dit is hoeveel kos Donderdagaand deur die organisasie Nakhlistan berei is om te verseker dat minderbevoorregtes Vrydag saam met Moslems wêreldwyd Eid, die einde van die heilige maand van Ramadaan, kan vier.

Die organisasie doen dit vir die laaste 37 jaar elke jaar.

In 1984 het Shukoor Mowzer en twee vriende besef dat lede van hul gemeenskap in Athlone nie tydens Eid-vieringe kos gehad het nie.

Waar dit met twee kospotte begin het, het die projek oor die jare heen so uitgebrei dat daar Donderdagaand 179 potte (130 liter-potte) kos berei is om versprei te word.

Weens Covid-19 moes hulle die potte in twee skofte verdeel, met die eerste skof wat 96 potte kos gekook het en die tweede skof 83 potte.

Akni, ’n tradisionele Moslem-gereg van vleis, aartappels, uie en rys, is in dié potte gekook oor vure, waarvoor 30 000 stukke hout gebruik is.

Dié organisasie versprei die kos onder meer as 90 000 mense oor die Wes-Kaap heen, ongeag hul geloofsoortuiging.

Moslems is verplig om gedurende die maand van Ramadaan liefdegawes aan minderbevoorregtes te gee, terwyl hulle deur die dag vas.

Dié organisasie sê shukran (dankie) vir al die skenkings waarmee hulle kos kon koop om tot so ver as Riviersonderend en Touwsrivier versprei te word.

Die welsynsorganisasie Nakhlistan het Donderdagaand op die Callies-rugbyveld in Noll-rylaan in Rylands Estate met die einde van Ramadaan 179 potte kos gaargemaak, wat Vrydag aan minderbevoorregtes uitgedeel word. Foto: Gallo Images/Brenton Geach
Vrywilligers van Nakhlistan dra gesigmaskers terwyl hulle die kos berei. Foto: Gallo Images/Brenton Geach
Die kos wat Donderdag gemaak is, sou Vrydag onder gemeenskappe oor die Wes-Kaap heen versprei word. Altesaam 179 potte kos is deur vrywilligers van die organisasie Nakhlistan gekook waar hulle in Rylands Estate bymekaar gekom het. Foto: Gallo Images/Brenton Geach
Stoom ontsnap uit een van die potte kos wat Donderdagaand berei is om op Eid onder behoeftiges versprei te word. Foto: Gallo Images/Brenton Geach

Meer oor:  Eid  |  Welsyn  |  Ramadaan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.