Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
1ste matriekafskeid vir tuisskool-leerlinge in Bloem
Party matrieks kan al hul rokke regkry en skoene poets vir hul matriekafskeid. Foto: Unsplash

Tuisskool-leerlinge van heide en verre het hul plek bespreek om deel te kan neem aan die eerste matriekafskeid vir leerlinge wat tuis onderrig word.

Gerda Welman en Loudine van Straaten-Otto, veteraan-tuisskoolma’s van Bloemfontein, sê ’n matriekafskeid was sover hul kennis strek nog nooit vir hierdie leerlinge beskore nie.

“Ons het gedink tuisskool-leerlinge verdien ook ’n geleentheid waar hulle die einde van hul skoolloopbaan kan vier. Nou reël ons vir hulle een in die Rosestad. Die reaksie was oorweldigend en ons het 45 matrieks en ouers wat na die geleentheid kom.”

Uitnodigings is aanvaar tot so ver soos Middelburg in die Kaap, Orania, Clocolan, Welkom en Hartswater.

Die matriekafskeid beloof om ’n groot gebeurtenis te wees en sal op Vrydag 12 Desember by Reizis Square gehou word.

“Dit is ’n baie nice venue, dit lyk baie mooi en ons gaan ’n retro-haas uit die hoed trek. Die muurkuns is iets om te beleef en sal die perfekte funky agtergrond bied vir die neem van foto’s.

“Ons is lekker aan die gang met reëlings en is baie opgewonde,” sê Welman.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Matriekafskeid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.