Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
2 mans stewig in die saal teen plaasmoorde

“Dit is ’n avontuur maar dit is ook hartseer en emosioneel,” sê Gideon van Tonder (31) en Patrick (Patrys) David (33), wat tans te perd deur die Vrystaat ry om bewusmaking oor plaasmoorde te skep.

Die idee om ’n perderit teen plaasmoorde aan te pak het een aand om ’n kampvuur ontstaan, sê die twee mans, wat op Beestekraal naby Brits woon.

Die tweemanskap het op 13 November uit Brits vertrek en ry ongeveer 25 km per dag.

Hulle het Woensdag die geliefdes van Pieter en Eddie Hills buite Hennenman besoek. Die pa en seun Pieter en Eddie is verlede maand in ’n plaasaanval op hul familieplaas vermoor.

Antoinette, Eddie se ma en die weduwee van Pieter, het saam met die egpaar se dogter, Carmen, en Eddie se verloofde, Marizané du Plessis, die twee ruiters ontmoet.

Gideon van Tonder, links, en Patrick David op hulle perde op pad na Virginia waar hulle Donderdagaand gaan oorbly.Foto: Alet van der Walt
Gideon van Tonder, ’n wildvanger van beroep, op sy perd. Foto: Alet van der Walt
Patrick David op die rug van sy perd tussen Hennenman en Virginia. Foto: Alet van der Walt
’n Motoris wat langs die pad stilgehou het, gesels met Gideon van Tonder en Patrick David waar hulle tussen Hennenman en Virginia op hulle perde is. Foto: Alet van der Walt

“Hulle het dit baie waardeer, hulle het baie seer en dit is maar emosioneel,” sê David.

Van Tonder het op Kroonstad ’n kitaar by vriende persent gekry en sê hy hou daarvan om in die aand musiek te maak en te sing.

Hulle slaap sommige aande onder die sterrehemel, dis waar hulle tuis voel.

“Dis nie vir ons ’n straf om buite in die veld te slaap en van biltong en beskuit te leef nie.”

“Ons begin al baie vroeg in die oggend ry en wil nie altyd iemand se huishouding daardie tyd van die dag ontwrig nie,” sê hy.

“Ons slaap waar daar kos vir die perde is, dit is die belangrikste.”

Hulle sê hier en daar borg mense hulle, maar die meeste van die koste vir die rit kom uit hul eie sak.

Die twee ruiters het by drie van die vroue wat deur die moorde op Pieter en Eddie Hills geraak is, besoek afgelê. Van links is Marizané du Plessis, Gideon van Tonder, Antoinette Hills, Patrick David en Carmen Hills. Foto: Facebook

“Die mense is baie vriendelik en druk toeter en waai vir ons,” vertel Van Tonder.

David is ’n perdeteler en -temmer van beroep en Van Tonder is ’n wildvanger.

Die twee beplan om op 16 Desember in Bloemfontein by die Vrouemonument te wees.

Van daar het Van Tonder ander planne.

“Ek wil my trouvrou op Colesberg gaan haal,” sê hy.

“Skryf maar haar naam, sy was al in die Volksblad, sy is Handrie van Bergen wat rodeo ry en ek wil haar oortuig om saam met my te gaan.”

Mense wat die ruiters wil ondersteun kan op Facebook die blad Legends in the saddle. Rit vir plaasmoorde, besoek.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Brits  |  Plaasmoorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.