SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Leef
2 vroue vat langpad met kniekoppe wat verby ore steek

Skinny van Schalkwyk en Chikita Mentz weet ’n reuse-avontuur lê voor op die lang pad van Kaapstad na Johannesburg op hul piepklein motorfietse.

Skinny van Schalkwyk is reg vir die langpad.
Chikita Mentz op haar 70 cc-motorfietsie.

Hulle spring volgende Sondag onder die hange van Tafelberg weg op ’n rit van 1 850 km op twee 70 cc-motorfietse en hoop om die volgende Saterdag in die Goudstad aan te kom.

“Ons doen dit vir die pret, maar ook om ’n bietjie die draak te steek met mense wat glo jy het altyd die grootste, sterkste veldfiets nodig,” sê Van Schalkwyk.

Die ysterperdjies, wat 55 cm hoog staan, slegs drie liter brandstof kan hou en ’n topsnelheid van net 60 km/h kan haal, het ’n windskerm en ’n gemaklike toersitplek vir die lang rit.

“Ons het nog nie ’n lang padtoets met die motorfietse gedoen nie, maar ons glo ons sal uiteindelik in Johannesburg aankom, al moet ons by tye die fietse optel, dit oor ons skouer gooi en by die steiltes uitklim of kort-kort vir brandstof stop,” sê Van Schalkwyk, wat in Suid-Afrikaanse motorfietskringe veral bekend is as ’n waaghals.

Hulle hoop mense kyk hulle snaaks aan wanneer hulle van hul reis vertel.

“Ons wil juis hê mense moet net die kop skud en glo ons het nie die reis deurdink nie. Baie mense vertel ons ook hoe hulle dié pad al op ’n bromponie of ’n 125 cc-motorfiets gery het. Ek dink nie hulle het al gesien hoe klein hierdie fietsies regtig is nie. As ek op die motorfiets sit, steek my knieë amper verby my ore.”

Hulle sal tussen 200 km en 300 km per dag aflê en hoop om bekende bestemmings langs die pad te besoek.

“Ons wil onder meer Ronnie’s Sex Shop naby Ladismith besoek en in die ou tronk in Philippolis slaap. Ons wil ook ’n paar rondtes op die Phakisa-renbaan in Welkom ry. Dit gaan alles oor pret,” sê Van Schalkwyk.

“Met die afstand en die snelheid van die motorfietsies gaan ons elke dag vroeg moet begin en tot in die aand ry.”

Meer oor:  Tafelberg  |  Motorfietse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.