Elke hond kry sy dag, soos Johnny Cash, ’n Jack Russell-kruising van Stellenbosch, onlangs uitgevind het toe hy die 3 000ste hond was wat aangeneem is danksy die Oscars Arc’s Woof-projek.
Die projek is genoem na Oscar, ’n optelhond wat bekend is vir sy reis om die wêreld saam met sy eienaar, Joanne Lefson.
Lefson, eienaar van Oscar’s Arc, sê by navraag Johnny Cash is van Stellenbosch Animal Welfare afkomstig.
“Die aanneming was ’n mooi oomblik,” sê Lefson.

Johnny Cash, ’n Jack Russell-kruising van Stellenbosch, is die 3 000ste hond wat aangeneem word danksy die Oscars Arc’s Woof-projek. Hier word sy onlangse aanneming gevier.
Die inisiatief vat honde van verskillende welsynsorganisasies in en om Kaapstad na gewilde naweekbestemmings, soos die Seepunt-promenade en Victoria en Alfred Waterfront, waar mense hulle kan ontmoet en aanneem.
Dit vergemaklik die proses, veral in die tyd waar dieregesondheidsorganisasies aan Covid-19-maatreels moet voldoen wat besoekers betref.
Die honde word in ’n spesiaal ontwerpte vraghouer genaamd Woof-1 vervoer na waar die publiek hulle kan ontmoet in ’n aangename omgewing. Die gewone aannemingsprosedure geld, en word doeltreffend afgehandel, voordat ’n hond saam met sy nuwe mense huis toe kan gaan.
Die honde kry ook blootstelling op die organisasie se webtuiste, waar hulle met Hollywood-name en mooi foto’s bekend gestel word en waar mense elektronies kan aansoek doen om hulle aan te neem.Die organisasie het ook ’n permanente aannemingsentrum in die Kaapstadse voorstrand, waar hulle met Hollywood-name en mooi foto’s bekend gestel word en waar mense elektronies kan aansoek doen om hulle aan te neem.
Volgens inligting van Oscar’s Arc is die koers van honde se aanneming in Suid-Afrika minder as 10%, en bied die organisasie ’n lewenslyn aan honde by hawens in die Wes-Kaap.
Daar was volgens die organisasie ’n aansienlike toename van 41% in aannemings in die Wes-Kaap sedert sy bestaan.
• Oscar is op 11 Januarie 2013 deur ’n motor in Kalifornië doodgery. Lefson het hom in 2004 by die Kaap de Goeie Hoop-Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Kaapstad aangeneem. In 2009 het die twee 43 lande op vyf kontinente besoek om mense bewus te maak van die aanneming van honde by skuilings.
Kliek hier om kennis te maak met die honde van Oscar’s Arc.