Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
6 uitvindsels wat SA’ners naam laat maak

Ses nuwe skeppings het die laaste jaar die lig gesien wat daartoe gelei het dat die Suid-Afrikaanse innoveerders daarvan nou na die wêreldmark mik.

Die naaam EntoMilk™ is afkomstig van ‘entomofagie’ wat die eet van insekte beteken. Foto: Verskaf
Trend Pike se soeke na volhoubare verpakking het tot sy Mielie Mailer gelei. Mielies wat nie vir menslike gebruik geskik is nie word gebruik om herbruikbare possake te vervaardig. Foto: Verskaf

1. Pukke se papmasjien

Ofskoon kampusse sedert die begin van die staat van inperking gesluit is, het ingenieurs van die Noordwes-Universiteit nie op hul louere gerus nie, maar ’n pap-OTM gebou wat by die Banna Ba Kae-gemeenskapsentrum in Ikageng in gebruik geneem is.

2. Kitaarpatent vir mense met gestremdhede

Die bekende akteur en sanger Erik Holm het die kitaarbouer Mervyn Davis gevra om vir hom ’n instrument te ontwerp en te bou sodat hy weer kitaar kan speel nadat hy 12 jaar gelede sy nek in ’n ongeluk gebreek het en sedertdien in ’n rolstoel is.

Davis het sy konsep en prototipes volgens sy kliënt se behoeftes aangepas en kort voor lank het die kitaarmaker sy eerste prototipe, wat hy met die hand gemaak het, The SCAM™ gedoop.

Die Increda-Peg™, wat ook artritis-vriendelik is, kan selfs gebruik word om maskers vas te maak of ’n plant mee te stut. Foto: Verskaf

3. Wasgoedpennetjies van herwonne plastiek

Hy het lank geloop met die idee van ’n hoek aan ’n wasgoedpennetjie, en het vir hom drie beperkings gestel: die ontwerp moes eenvoudig wees, die materiaal plastiek wat herwin is en dit moes kostedoeltreffend wees.

Danksy Brett Potgieter van Pretoria se ontwerp van die Increda-Peg, het verbruikers nou ’n veeldoelige voorwerp wat vir tuinbou, kampeer en wasgoed gebruik kan word.

4. Jonge se Boerepomp

Jedri Janse van Rensburg (13) van Bultfontein het in die eerste week van inperking besluit om ’n voetpomp vir handreingingsmiddels te bou. Landbouweekblad het onlangs berig Jedri se pa, Michris, wat hoofsaaklik sake in ander Afrika-lande doen maar wat ook weens die inperking tot stilstand gedwing is, kon danksy sy seun se idee kos op die Janse van Rensburgs en 15 ander gesinne se tafels sit.

5. Insekmelk

Die naam EntoMilk™ kom van ‘entomofagie’ wat die eet van insekte beteken. Volgens Gourmet Grubb, die verspreider van die insekmelk, is die drankie styselvry, laag in suiker en boonop baie gesond, terwyl dit ook omgewingsvriendelik is. Leah Bessa, medestigter van Gourmet Grubb, sê die insekte waarvan die melk gemaak word, kan op groot skaal in stedelike gebiede aangehou word sonder om veel ruimte op te neem. Die grootmaak van die insekte neem ook nie lank nie.

The Hand™ in perspeks. Die kitaarmaker Mervyn Davis het die hulpmiddel ontwerp om mense met gestremdhede te help kitaar speel. Dit is slegs ’n toetsmodel. Die werklike produk sal van aluminium gemaak word. Foto: Verskaf
Gourmet Grubb maak ’n suiwelvrye en gesonde drankie van insekte. Foto: Verskaf

6. Mielies in jou possak

Trend Pike se soeke na volhoubare verpakking het tot sy breinkind, Mielie Mailer, gelei. “Jy kan omgewingsvriendelik en -verantwoordelik omgaan terwyl jy ’n produk van goeie gehalte aan jou klante bied,” sê Pike.

2. The Hand ™ in perspeks. Die kitaarmaker Mervyn Davis het hierdie hulpmiddel ontwerp om mense met gestremdhede te help kitaar speel. “Dit is slegs ’n voorlopige toetsmodel. Die werklike produk sal in aluminium gebou word.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.