Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
8-jarige van Delft herwin om gesin te help
Cody Koopman
Cody Koopman en Gonda Mercuur van Pick n Pay.

Nadat sy ouers albei hul werk verloor het, het ’n agtjarige van Delft ingespring om sy gesin deur herwinning finansieel te help.

Cody Koopman het in November begin om bottels en ander herwinbare materiaal bymekaar te maak en ruil dit in om byvoorbeeld doeke vir sy eenjarige sussie te koop.

Dié gr. 2-leerling van Eindhoven Primary School in Delft is een van vier kinders en wil volgens sy ma eendag “ ’n miljoenêr” word.

Brenda Koopman (29) sê Cody en sy maats het begin om botteltjies en blikkies op te tel wat hulle dan vir geld ingeruil het.

“Hulle deel dan dié geld onder mekaar.”

Sy is geweldig trots op Cody, wat op so ’n jong ouderdom entrepreneuriese geesdrif wys.

Codie is op 4 Junie deur die Pick n Pay-skoolklub vereer as ’n omgewingsheld vir sy herwinningsonderneming.

“Dit help die gesin baie, aangesien ons nie meer werk het nie. Ek is al ’n jaar sonder werk weens Covid-19.”

Cody is op 4 Junie deur die Pick n Pay-skoolklub vereer as ’n omgewingsheld vir sy herwinningsonderneming.

Hy het ’n R1 000-koopbewys ontvang en sy familie het ’n koopbewys van R5 000 gekry.

“Dit is baie lekker om my eie besigheid te hê,” sê Cody. “Ek wil eendag ’n baas wees en ek wil die besigheid wat ek nou het, vir ewig hou.”

Andre Nel, hoof van volhoubaarheid by Pick n Pay, sê die maatskappy is “verheug met Cody se vasberadenheid en ondernemingsgees op so ’n jong ouderdom”.

“Hy probeer nie net sy familie en vriende onderhou nie, maar dra ook by tot ’n beter omgewing vir sy gemeenskap. Dit is ’n fenomenale gebaar van so ’n jong seun en ons wou hom vier as ’n voorbeeldige lid van die gemeenskap,” sê Nel.

Charles George, ’n gemeenskapsleier in Delft, sê Cody se kop dink verder as sy ouderdom as dit kom by sake doen.

“Ek sien uit om te sien hoe hy nog eendag ’n baie suksesvolle besigheidsman gaan wees,” sê George.

Meer oor:  Herwinning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.