Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Kamers: Dié geskenke is sakpas
Kamers, met sy uitsoekversameling unieke, handgemaakte produkte, het gister op die wynlandgoed Webersburg by Stellenbosch ­begin. Gehalte is soms ook sakpas, wys dié produkte wat Kamers vir Leefstyl -lesers uitgekies het. Charl du Preez het die foto’s ­geneem.

Geskenke onder R50

Swart op wit. Die hout­varings is deur Bokke en Blomme, die lang vuurhoutjies (links) en papiervouer (regs) deur Masquerade, en die tydelike tatoeëermerk van goud, silwer en swart is deur Queen Magpie. Foto’s: Charl du Preez
Vroulik-vintage. Die notaboekies (bo) is deur Mitat, die houtvarings van Bokke en Blomme, die koeverte met geblomde patrone en wit geskenkkaartjies deur Seven Swans, die voëltjie-borsspelde deur SugarTongTong, en die silly.honest.kind-kaartjie d

Produkte onder R100.

’n Wonderwêreld van produkte onder R100 by Kamers te koop. Dié Alice in Wonderland-knipbord is deur CakeGoed ontwerp en die fraai geskenkkaartjies deur Seven Swans. Die koperboekmerke (bo links) is die handewerk van Black Sunbird,
Nóg produkte onder R100 by vanjaar se Kamers is dié met aardse steen- en groen kleure. Die sementkershouer en Z uit sement is deur Kruisement, die waterverfkaartjie en naaldekoker is deur Black Sunbird, die groen sirkelhangertjie is deu

Produkte onder R150​

Ragfyn. Dié Afganistan-hangertjies is by Heidi Strung se stalletjie beskikbaar. Die blou koppie met die houtpiering en -teelepel is uit die Kamers-reeks, en die fynbos-waterverf-kersomhulsel is uit Sharon B Design se kwas. Die ronde groen oorb
​Besigtig kamersvol mooi tot Sondag

Kamers (voorheen bekend as Kamers vol Geskenke) vind tot Sondag op die wynlandgoed Webersburg by Stellenbosch plaas. Vandag, môre en Saterdag duur dit van 09:00 tot 17:00, Vrydag van 09:00 tot 19:00, en Sondag tot 15:00.

Toegang kos R50 op www.ffw.co.za, R60 deur www.­facebook.­com/­kamersvol, en R75 by die hek.

■ Besoek ​kamersvol.com​facebook.­com/­kamersvol of @kamersvol op Twitter.

Laurie Levine

Vermaak vir almal

Buiten die vars, nuwe, handgemaakte ontwerpe wat by Kamers te sien sal wees, is daar altyd genoeg eetgoed om lekkerbekke tevrede te stel en musiekmakers om die regte atmosfeer te verleen.

Van die musiekmakers op die program is Oh Mercy en Lucy Kruger (vandag), asook Digby and The Lullaby, en Basson Laubscher (môre). Laurie Le­vine en die Robin Auld Trio tree Vrydag op, Gerald Clark Saterdag en Gary Thomas Sondag.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.