Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Afskeid toe in ’n kombi

Soveel herinneringe in Suid-Afrika is al gemaak in en om Volkswagen-kombi’s. Hierdie twee matriekpaartjies het besluit om dit ook deel van hul matriekafskeid-onthou te maak.

René Venter en Wiehan Stevens van die Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp het in sy pa se bloedrooi VW-kombi matriekafskeid toe gegaan.

René Venter en Wiehan Stevens van die Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp, het in ’n bloedrooi 1976-kombi by hul afskeid aangekom.

Wiehan se pa, Willie, het die voertuig saam met ’n vriend gerestoureer. Dit het eers ’n “bay window”-voorruit gehad, maar is omskep in ’n “split window”. Laasgenoemde styl was ikonies in die 1950’s, toe die kombi’s twee afsonderlike voorruite gehad en bekend gestaan het as “splitties”. René se wye romp met groot rooi blomme het perfek by hul vervoer gepas.

Didi Lamprecht van die Martie du Plessis-skool in Bloemfontein en haar metgesel, Enrico Cordier, by die kombi waarin hulle matriekafskeid toe gegaan het.

Didi Lamprecht van die Martie du Plessis-skool in Bloemfontein en haar metgesel, Enrico Cordier, het in ’n oranje kombi, geverf in die hippie-styl, gery. Didi sê sy het altyd daarvan gedroom om so ’n kombi te huur.

Haar ouma en oupa, Elsabé en Jannie van Heerden, het haar ná haar ma se dood aangeneem. “Ek wou altyd my eie rok vir die matriekafskeid maak, maar die tyd in matriek is min en finansieel was dit ook nie eintlik moontlik nie.

“Die Bloemfonteinse ontwerper Connie Linde het aangebied om my rok te maak. Ek kon self die lap kies en die rok ontwerp. Dit was ’n droomervaring. Ek wil net vir haar baie dankie sê.”

Jou matriekafskeid

Deel jou foto’s en vertel ons van jou afskeid. Stuur dit aan

alet@media24.com

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.