Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Aftrede beteken nie jy kan nie geld verdien nie
Om mense se huise of diere op te pas of te konsulteer in die beroep waarin jy voorheen gewerk het, is van die maniere hoe jy geld kan genereer na aftrede. Foto: ISTOCK

Met die lewe wat so duur geword het, is dit bykans onmoontlik om sonder ’n vaste inkomste te oorleef, wat nog te sê wanneer jy afgetree is en die geld begin skraps raak.

Gelukkig is daar verskeie maniere hoe afgetredenes steeds ’n inkomste kan genereer.

Julia Fourie, ’n gesertifiseerde direkteur, bemiddelaar en leefstylafrigter in Durbanville, sê dit help om na te dink oor hoe jy jou idees in geld kan omskep en wat presies jy wil doen.

“Wat doen jy graag en waarvan hou jy nie, hoeveel tyd het jy daarvoor beskikbaar en hoeveel geld is jy bereid om daarop te bestee?”

Julia se lys van idees om geld te genereer sluit in:

  • Doen deeltyds konsultasiewerk by ondernemings op grond van die kundigheid wat jy opgedoen het in jou vakgebied voordat jy afgetree het.
  • Pas huise of diere op. Mense het gereeld iemand nodig om hul diere te voer en na hul huise om te sien wanneer hulle weggaan met vakansie of vir werk.
  • Wees ’n mentor. Dit is soortgelyk aan konsultasiewerk, maar die verskil is dat jy iemand anders leer.

Lizel Stephan, ’n besigheid- en lewensafrigter en fasiliteerder van Strong Foundation, sê om inkomste na aftrede te genereer is nie iets waaraan ons aldag dink nie, hoewel aftrede iets is waaraan jy al moet dink die dag wanneer jy begin werk.

“Jy werk nou sodat jou geld eendag vir jou kan werk. Die ideaal is dat jy van die begin af spaar en werk met ’n langtermyn- finansiële fokus op die gehalte van lewe wat jy graag na jou aftrede wil geniet.

“As jy vir ’n groot maatskappy werk, sal jy waarskynlik aan hulle pensioenfonds behoort. Maak seker dat jy weet wat in jou pensioenfonds aangaan en meet dit gereeld aan jou eie langtermynvisie. Dit is gevaarlik om jou toekomstige lewensgehalte blindelings in ander se hande te laat.”

Sy sê addisionele beleggings wat dividende betaal is ’n baie goeie opsie om jou inkomste aan te vul.

“ ’n Huureiendom is weer ’n goeie passiewe inkomste en ook iets waaraan jy vroegtydig moet dink. As jy vroeg begin met die belegging in ’n huureiendom kan jy selfs ’n tweede of derde eiendom aanskaf.

“Werk bietjie langer na jou aftrede. Om ’n twee- of driejaarkontrak met jou werknemer aan te gaan kan jou en hulle baie baat. Daar is altyd die opsie om te konsulteer na aftrede, al is dit net ’n paar dae per week. Jou ervaring en wysheid is goud werd en jy verdien ekstra inkomste om jou neseier bietjie te beskerm. Gun jouself ook die geleentheid om saggies in jou aftrede in te tree.”

Lizel meen nog ’n idee is om jong, talentvolle mense in jou professie af te rig of mentor. “Gebruik wat jy het tot jou voordeel – jou ervaring!”

Een van die belangrikste faktore wat jy op die dag van jou aftrede moet hanteer, is om jou geld se koopkrag te beskerm. Inflasie is koopkrag se grootste vyand. Die vraag is dan hoe beskerm ’n afgetredene hul inkomste teen inflasie?
Lizel Stephan, ’n besigheid- en lewensafrigter en fasiliteerder van Strong Foundation

Hoe om jou geld tydens aftrede te laat strek

Jy’s afgetree en het dalk geld wat jy oor die jare gespaar het, maar die grootste uitdaging vir afgetredenes is gewoonlik om die geld tot hul beskikking te laat strek.

Lizel sê een van die grootste uitdagings vir enige mens is wanneer die dag aanbreek dat jy jouself ’n salaris moet betaal.

“Sodra jy aftree, is dit so goed soos jy betaal jou eie inkomste soos wat ’n werkgewer dit vir jou sou doen – ’n vreesaanjaende gedagte!

“Een van die belangrikste faktore wat jy op die dag van jou aftrede moet hanteer, is om jou geld se koopkrag te beskerm. Inflasie is koopkrag se grootste vyand. Die vraag is dan hoe beskerm ’n afgetredene hul inkomste teen inflasie?

“Ons weet ook dat sekere items in enige maandelikse begroting meer groei as die normale inflasiekoers. Die mandjie van inflasie mag dalk tussen 4% tot 6% wissel, maar mediese kostes het al sommige jare met baie meer as dié persentasie gestyg.

“Ander faktore wat spesifieke aandag moet geniet, is die moontlike groei of verliese van geld wat in aandelemarkte belê is.

“Tans ervaar ons geweldige verliese in aandeelmarkte. Dié verliese beloop meer as 15% en ons is steeds besig om geld wat in aandele belê is te verloor.”

Lizel meen in sulke tye moet afgetredenes bepaal wat die verliese is wat hulle kan bekostig.

“Die toegang tot en beskikbaarheid van kapitaal raak al hoe meer beperkend en vandaar die behoefte aan groter omsigtigheid en ’n weldeurdagte beleggingstrategie.”

GEBORG

Van die plaaslike diensverskaffers aan afgetredenes wat jy kan ondersteun is:

  • Caves-aftreeoord vir luukse aftrede in die hartjie van die Klein-Karoo met die Swartberge in die agtergrond.
  • Oasis Life, vir die nuwe aftreestandaard! Rabie se aftree-ontwikkelings is vir die jonk van gees – ’n unieke oord-agtige leefstyl met gasvryheid uit die boonste gestoeltes.
  • Panorama Palms, vir veilige aftrede in ’n rustige, parkagtige omgewing met uitsigte van Tafelberg.
  • Die Strand – Naastediens NPC, vir behuisingsopsies en versorgingseenhede in die Strand wat jou sak sal pas. 
  • Vacuhealthom te help om intimiteit terug in verhoudings te sit.

LEES OOK:

Vermy liefs dié slaggate met aftree-eiendom

INFOGRAFIKA: Maak só jou huis rolstoel-vriendelik

Meld ongelukke nou aanlyn aan en kry jou saaknommer


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.