Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Amerika boelie ander lande oor borsvoeding

Dit het aan die lig gekom dat die VSA sover gegaan het om ander lande te dreig in ’n poging om ’n resolusie te kelder wat borsvoeding bo formulemelk bevorder, berig The New York Times.

Die resolusie op die Wêreldgesondheidsorganisasie se jaarlikse vergadering sou pogings teenwerk om formulemelk te verkoop onder die voorwendsel dat dit net so goed is soos moedersmelk. Daar is verwag dat die honderde regeringsafgevaardigdes teenwoordig by die vergadering in Genève, Switserland, in Mei blitsvinnig die resolusie sou goedkeur aangesien dekades se navorsing dit reeds bewys het.

Die Amerikaanse afvaardiging het egter blykbaar die belange van formulemelkvervaardigers voorop gestel en eers probeer om die resolusie af te water. Hy het later sover gegaan as om die ander lande met handelsanksies te dreig.

The New York Times het met meer as tien verteenwoordigers van verskeie lande gepraat wat bevestig het hoe die Amerikaanse afvaardiging te werk gegaan het. Baie wou anoniem bly uit vrees vir vergelding deur die Amerikaners.

Ecuador sou die resolusie voorstel, maar is so geboelie dat Rusland dit uiteindelik suksesvol ter tafel gelê het. Die Amerikaners kon dit glo nie waag om sy ou vyand af te pers nie.

’n Woordvoerder van die Amerikaanse departement van gesondheid het aan die Times gesê die resolusie het onnodige hekkies in die pad gesit van ma’s wat nie kan borsvoed nie, maar wel wil sorg dat hul babas gevoed word.

Die departement van binnelandse sake wou nie kommentaar lewer nie omdat privaat diplomatieke gesprekke ter sprake is.

Meer oor:  Amerika  |  Borsvoeding  |  Formulemelk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.