Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Amórie se ouma was die blyste toe sy wen
Amórie en Wynand van Jaarsveld op hul troudag in Februarie.

Amórie van Jaarsveld van Mulbarton in die suide van Johannesburg, die Februarie-wenner in Beeld se Bruid van die Jaar-kompetisie, sê sy is nie sommer iemand wat vir kompetisies inskryf nie, maar haar ouma het haar gedruk om haar inskrywing in te stuur.

“So, om ouma gelukkig te hou, het ek ingeskryf. Sy het omtrent ’n komitee gestig, die hele stemproses gedryf en sy was die blyste van almal toe ek as die wenner aangekondig is!”

Amórie (31) is ’n aankoper by ’n maatskappy en haar man, Wynand (31), is ’n geoktrooieerde rekenmeester. Hulle is op 23 Februarie by ’n trouvenue in Kameeldrift getroud. Amórie sê dat ’n hoogtepunt was toe ’n miniatuur-perdjie die kerk ingestap het met hul trouringe.

“Die gaste het dit vreeslik geniet en vandag nog praat almal oor dié oulike perdjie!”

Hulle wou aanvanklik net 60 gaste gehad het, maar het uiteindelik hul groot dag met 100 mense gedeel. “Dis Wynand wat so ’n groot familie het, daar was net 16 mense van my kant af!”

Iets wat vir haar uitstaan van haar seremonie is toe die dominee ’n tou gevleg uit drie individuele stringe gebruik het om vir hulle ’n praktiese voorbeeld van die huwelik te gee.

“Hy het gewys hoe die drie stringe op hul eie nie baie sterk is nie, maar wanneer al drie saam gevleg is, maak dit ’n baie sterk tou. Dit is hoe dit is wanneer man, vrou en God saamwerk in ’n huwelik.”

Amórie en Wynand was na die Filippyne vir hul wittebrood. Dit was iets besonders, sê sy.

  • “Ek wou net nie iewers gaan waar dit koud is nie. Toe sê ek: ‘Eerder Durban as die Kaap’, en toe beland ons in die Filippyne! Dit was ’n groot verrassing en ’n onvergeetlike ervaring.” Amórie sal teen die 11 ander maandwenners meeding om die groot pryse op ’n gala-aand in April 2020. Maart-bruide verskyn tans op Saterdae in Beeld. April-bruide, stuur voor 17 Julie jul inskrywings na bruide@media24.com.
Meer oor:  Bruid Van Die Jaar  |  Beeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.