Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Ané se rok moes ‘anders en besonders’ wees.

Christiaan de Nysschen van die Hoërskool Nico Malan, Ané Bosch van die Hoërskool Brandwag en Neo. Foto: Jacques Goosen
Sommige matrieks moes skarrel om ’n rok gemaak te kry toe daar op die nippertjie vir hulle ’n afskeid gereël is, terwyl ander se rok steeds in die kas hang omdat hul matriekafskeid-partytjies gekanselleer is, skryf Kelly Minnie. 

Die matriekafskeid van die Hoërskool Bastion was drie of vier keer “aan” en weer “af”, vertel Annette le Grange, wie se dogter Marilee dié jaar by Bastion in matriek was.

Dit was al Augustus toe die rokmaker uiteindelik kon wegspring en Marilee se rok maak.

Marilee le Grange van die Hoërskool Bastion. Foto: Jandré Olivier/3Axis
Nicole Marshall van die Hoërskool Otto du Plessis. Foto: Courtney Whittaker
Zané Hatton-Jones van die Hoërskool Hartbeespoort. Foto: Mark Kidd Photography
Jolene le Roux en Charl Cronje van die Hoërskool Strand. Foto: Stefan Photography

Ané Bosch van die Hoërskool Brandwag in Uitenhage se matriekafskeid was veronderstel om in September plaas te vind. Dit was haar droom dat haar ouma Gerrie Stradler in Keimoes haar rok vir haar sou maak, maar die inperking het alles omvergewerp en uiteindelik het iemand anders ingespring en Ané se uitrusting gemaak. “Ané het verlede jaar drie verskillende rokke gesien wat gekombineer moes word. Die kleur moes ‘anders en besonders’ wees,” vertel haar ma, Diana.

Nicole Janse van Vuuren en Bennett du Plooy van die Hoërskool Suid-Natal. Foto: Trinity Photography
Veronica Kemp van die Hoërskool Dinamika. Foto: Sune Meyer Photography

Anders as Ané het Nicole Janse van Vuuren eers ’n week voor die Hoërskool Suid-Natal se feetjie-matriekafskeid besluit op ’n rok nadat die afskeid van Junie tot Oktober uitgestel is. Sy het ’n swart rok van Bride&Co gekies. “Die rooi tapyt was uitgerol, die motors was merkwaardig en Nicole en Bennett (haar metgesel) was elegant en stylvol. ’n Ware weerspieëling van hul persoonlikhede,” spog ma Hettie du Plooy.

Veronica Kemp van die Hoërskool Dinamika se rok, ontwerp deur Maxine van Guarnieri Atelier, het vroeg al reg in die kas gehang, maar toe word die matriekafskeid gekanselleer.

Sy en vriende het besluit om steeds ’n klein geleentheid te hou. Haar droom was om soos ’n prinses in haar rok te voel, maar sonder om haar swart Converse-tekkies agterweë te laat.

Meer oor:  Matriekafskeid  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.