Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Baba ná spanpoging in polisiekantoor gebore

Sy is haar pa se vroeë Kersgeskenk.

Ashante Erasmus was veronderstel om later vandeesmaand gebore te word, maar Saterdag het sy gemeen genoeg is genoeg.

Heloise Janse van Rensburg Geldenhuys, ’n verpleegster, met Ashante Erasmus in haar arms. Foto: Chrisna Auret/Facebook

Haar ma, Jessica Erasmus (24), wat op ’n plaas naby Worcester woon, het vir haar kêrel, Stefan Adriaan (26), op die plaas Jonkersrivier buite Villiersdorp gaan kuier. Dis toe dat Ashante besluit het sy gaan haar ouers verras en ’n vroeë verskyning maak.

Erasmus het Sondag gesê sy het Saterdag al van 16:00 kontraksies gekry.

Teen 22:00 kon sy die pyn nie meer hou nie en het die eienaar van Jonkersrivier het haar en Adriaan na die polisiekantoor op Villiersdorp gebring waar hulle op ’n ambulans sou wag.

Hulle het teen 22:45 daar aangekom en die polisiebeamptes het onmiddellik die ambulansdienste gebel.

Kol. Chrisna Auret, bevelvoerder, het Sondag gesê dat sy teen 23:00 dringend deur die stasie gebel is.

“Kolonel moet nou kom, hier is ’n vrou wat kraam, het hulle gesê.”

Konst. Gloria Baba, Heloise Janse van Rensburg Geldenhuys, Ashante, en die nuwe ma, Jessica Erasmus in die Villiersdorp-polisiekantoor. Foto: Chrisna Auret/Facebook

Auret het Sondag op haar Facebookblad ’n inskrywing oor die baba se geboorte in hul polisiekantoor gemaak.

Auret prys haar kollegas in die kantoor en sê dat die baba se geboorte daar ’n onvergeetlike gebeurtenis was.

“Babadogtertjie is om 23:20 gebore. Dankie vir die hulp, Heloise JvRensburg en die 2 lede wat gehelp het. My eerste ervaring van geboorte in ’n polisiestasie. Sy is pragtig en so volmaak. Dankie ook aan Alvino Talmakies se pa wat ook kom help het. Nou weet ons hoe. Nou kan die babas maar kom.”

Sy sê sy het gehoor die ambulans op die dorp was reeds op pad na Caledon toe hulle die ambulansdienste bel.

Auret het onmiddellik ’n verpleegster wat sy op die dorp ken en ’n paramedikus wat van diens was, gebel.

“Toe hulle by die polisiekantoor kom, was die baba se koppie reeds sigbaar.”

Heloise Janse van Rensburg, die verpleegster, het kollegas by ’n private hospitaal gebel. Hulle het vir haar gesê wat om te doen.

Volgens Auret is Ashante sonder enige komplikasies gebore. Die paramedikus het gehelp om die naelstring te klamp en te knip en het ook die nageboorte uitgehaal.

Ma en dogter is toe na die provinsiale hospitaal op Caledon gebring.

Erasmus sê alles is reg met haar, maar Ashante se bloedsuikervlakke word dopgehou.

Sy sê die baba se pa was baie opgewonde. Hy was die hele tyd by haar en het selfs ’n traan in die oog gehad, het Erasmus gesê.

Meer oor:  Worcester  |  Villiersdorp  |  Baba  |  Gebore
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.