Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Baba van die jaar: Wennertjie ‘verander als’

Michaela Willemse van Wonderboom in Pretoria, is Beeld se Baba van die Jaar vir 2017.

Michaela Willemse is Beeld se Baba van die Jaar 2017. Bo is Michaela en haar pa, Mike, en ma Jeanéne. Michaela is op 18 Julie 2016 gebore en is Mike en Jeanéne se enigste kind. Foto: Alet Pretorius

Die wenners van die kompetisie is Saterdagoggend op ’n spesiale ontbyt by die Forever Hotel @ Centurion aangekondig.

Dian van der Merwe van Centurion, Beeld se Julie-wenner, is tweede en LJ Koen van Rustenburg, die April-wenner, derde.

Michaela was Beeld se Junie-wenner.

Haar ouers, Mik­e en Jeanéne, sê alles het verander met Michaela se koms. “En sy is vir ons alles. Ons het baie lank vir haar gewag.”

Michaela het haar ouers verras toe sy haar opwagting op 33 weke gemaak het. Haar naam is afgelei van haar pa se naam, Michael, wat beteken “wie is soos God?”.

“Dit is omdat sy ’n wonderwerk van die Here af is,” sê Jeanéne.

“Dokters het gesê ek kan nie swanger raak nie nadat ’n outo-immuunsiekte wat my asemhalingspiere aantas, in 2012 by my gediagnoseer is. Ons was reeds besig met ’n aannemingsproses toe ek uitvind ek is swanger.”

Ouerskap het hul uitkyk op die lewe verander, sê Mike.

“Jy het nou ’n klein mensie wat jou leiding nodig het en wat soos ’n spons alles absorbeer wat jy haar leer. Dit is nou jou verantwoordelikheid om dit reg te doen. Dit laat jou ook dankbaar wees – alle goeie dinge is ’n gawe van Bo.”

Mike sê hulle is oorstelp deur die pryse en die R10 000-kontant gaan reguit na Michaela se spaarrekening.

  • Die beoordelaars was Barnard Beukman, redakteur van Beeld, Karla Janse van Vuuren, senior kos- en leefstylskrywer van Beeld, en Lizanie Jordaan, mede-organiseerder van die BoobaLoo-baba-en-kleuterskou. Arno Jordaan was die gaskunstenaar en Ollie die Nar het ook ingeloer.
Michaela Willemse is Beeld se Baba van die Jaar 2017. Foto: Alet Pretoria
Michaela Willemse
Michaela Willemse

Spoggerige pryse

Michaela wen:

’n Vakansie vir drie mense vir twee nagte ter waarde van R10 000 by ’n uitgesoekte oord van die Legends Hospitality-groep; ’n vakansie ter waarde van R10 000 by enige Forever Resorts-oord in die land; ’n geskenkbewys ter waarde van R10 000 van Baby City; ’n gasverskyning deur Ollie die Nar by die baba se kleuterskool/speelgroepie vir haar verjaardag (20 partytjiepakkies ingesluit) ter waarde van R5 000; R10 000 kontant van Beeld; ’n geskenkbewys van R1 500 van Disney Prima Toys; ’n geskenkpak met Afrikaanse boeke van R500 van Penguin Random House; en ’n Bata-geskenkpak van R350.

Dian wen:

’n Vakansie vir drie mense vir een nag ter waarde van R5 000 by ’n uitgesoekte oord van die Legends Hospitality-groep; ’n vakansie van R7 500 by enige Forever Resorts-oord in Suid-Afrika; ’n geskenkbewys van R1 500 van Disney Prima Toys; ’n geskenkbewys van R1 000 van Baby City; en ’n geskenkpak van R200 van Bata.

LJ wen:

’n Vakansie vir drie mense vir een nag ter waarde van R5 000 by ’n uitgesoekte oord van die Legends Hospitality-groep; ’n vakansie van R5 000 by enige Forever Resorts-oord in die land; ’n R1 500-geskenkbewys van Disney Prima Toys; ’n R1 000-geskenkbewys van Baby City; en ’n Bata-geskenkpak ter waarde van R200.

  • Elke finalis het twee kaartjies vir die Afrikaans gaan klein-musiekkonsert ontvang wat op 28 Julie by Weiveld op die Bronberg-landgoed in Pretoria plaasvind.
  • Finaliste het ’n R1 000-geskenkbewys van Baby City en ’n handdoek van Forever Resorts gekry.
  • Hou Beeld dop vir ’n aankondiging oor die 2018-kompetisie.
Arno Jordaan, die gaskunstenaar, wens Michaela geluk. Foto: Alet Pretorius
Lindey en Lood van der Merwe van Midstream neem hul klein-seun Dian se geskenke in ontvangs. Dian, wat tweede geëindig het, is saam met sy ouers, Jaco en Ilodie, in Nieu-Seeland, waar Jaco tydelik werk. Foto: Alet Pretorius
Madelein met Jurgens en JJ met LJ, wat derde geëindig het. Die Koen-gesin is van Rustenburg. Jurgens was in 2016 Beeld se Baba van die Jaar. Madelein en JJ was in 2006 Beeld se Matriek-paar van die Jaar en in 2014 naaswenners in Beeld se Bruid van die Jaar-kompetisie. Foto: Alet Pretoria
LJ Koen is op 21 September 2017 gebore. “Ouerskap is by verre die moeilikste ding wat ons nog ooit saam gedoen het,” het Madelein gesê. “Maar ons is ’n gedugte span en wil sommer nog baie kinders hê.” JJ meen dit is bo alles een groot vreugde en voorreg.
Arno Jordaan was die gaskunstenaar. Foto: Alet Pretoria
Barnard Beukman, redakteur van Beeld en een van die beoordelaars, verduidelik hoe moeilik dit was om die wenners te kies. Foto: Alet Pretoria
Zanélle Swanepoel van Hazeldean, Arika Viljoen van Lydenburg, Breydon van der Walt van Suiderberg, NJ Smith van Standerton, Frederik Viljoen van Lydenburg, Kaylee Daniels van Ermelo en Leah van der Horst van Centurion. Basson van der Walt van Rustenburg se rug is na die kamera gedraai. Milan Smit van Boksburg en Kian Stolz van Springs is nie op die foto nie. Foto: Alet Pretoria
Basson van der Walt van Rustenburg speel te lekker tussen die balle. Links agter hom is LJ Koen, ook van Rustenburg, en Zanélle Swanepoel van Hazeldean. Foto: Alet Pretoria
Gaste het ’n heerlike ontbyt by keurig versierde tafels geniet. Foto: Forever Resorts
Kolwyntjies so na ’n kind se hart. Foto: Forever Resorts

    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.