Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Bederf Wagter (en Fifi) met Merc-kussing
“Stil, jy op jou groot kussing.” Lus om Wagter (en Fifi) te bederf? Gee elk ’n Mercedes-Benz-ontwerpte lêkussing vir die winter. Want ná ’n dag van pleb-motors jaag verdien ’n keurige hond mos ’n drie-puntster-kussing, of hoe?

Jy het die huis in die regte buurt, die motor met die driepuntster-kenteken en die hond met die Duitse geboortesertifikaat.

Maar hoe gemaak as Wagter hom, wel, soos ’n hond in die huis gedra?

Geen probleem nie, sê Mercedes-Benz en waai sy webwerf oop by sy jongste bybehore-bladsy. Daar kan jy ’n doelgemaakte grys kussing vir Wagter bestel, keurig geskep in grys materiaal (herhaaldelik masjienwasbaar) en met ekstra dik spons gevoer om ná net ’n week geen pootduike te wys nie.

Die kussings kom in drie groottes, sê Stuttgart se ontwerper van die fynste rygoed, sodat daar ’n pasmaat vir Wagter en sy naweek-gas Fifi is.

Selfs die halsband en bypassende drasak het Mercedes-Benz se bekende embleem op. Jip, die bure moet kan sien Wagter draf met ’n V8 se krag.

Kussings is straks nuttig vir jou beste vriend, maar soms moet ’n hond en sy baas ook vir ’n wandeling gaan. En dan hou almal jou dop.

Ook hier het Mercedes-Benz se ontwerpers sake deeglik deurdink. Gryp op die tafel Wagter se stapsakkie, afgewerk in Italiaanse leer en met ’n Mercedes-Benz-kenteken op die gespe, natuurlik. In die sakkie se boonste helfte pak jy gisteraand se oorskietbene. En in die onderste helfte (reukdig) bêre jy enige boodskap wat Wagter op die bure se grasperk wou agterlaat.

Mercedes-Benz weet jy kies jou waghond soos jou motor: Haastig en ywerig. Daarom is die embleem subtiel sigbaar aan die leiband (met fyn leer afgewerk). Jy weet, net ingeval die bure uitkom terwyl jy besig is met optelwerk.

Mercedes-Benz se ingenieurs het darem nie te veel tyd aan die hondereeks bestee nie. Die Italiaanse verskaffer MiaCara se hulp is ingeroep. Maar dis darem goed om te weet Duitse ingenieurswese het gehelp om skoon te maak waar Wagter wou droogmaak.

Meer oor:  Mercedes Benz  |  Bykomstighede  |  Troeteldiere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.