Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Beeld: Op soek na oulikste baba!

Beeld se lesers en trotse ouers het gevra en ons het geluister: Ons gewilde Baba van die Jaar-kompetisie is terug.

Oudergewoonte is daar heerlike pryse op die spel.

Elke maandwenner wen ’n geskenkbewys van R1 000 van Bennetts, ’n geskenkbewys van R500 van 4aKid en ’n gasver-skyning van Ollie die singende nar by die baba se verjaardagpartytjie van R1 600 (R5/km buite Pretoria is betaalbaar deur wenner se ouers).

Die wenner van Beeld se Baba van die Jaar-kompetisie wen ’n hele rits pryse.

grafika

Dit sluit in ’n kontantprys van R5 000 geborg deur Beeld, ’n gasverskyning van Ollie die singende nar by die wenner se dagsorgsentrum of kleuterskool van R5 000 met 20 partytjiepakkies ingesluit (R5/km buite Pretoria is betaalbaar deur wenner se ouers), ’n R1 000-geskenkbewys van Bennetts en ’n R500-geskenkbewys van 4aKid, ’n Sealy-enkelbed van R6 000 en vyf nagte se verblyf in ’n selfsorgeenheid met ’n see-uitsig en slaapplek vir vyf mense by die TO Strand Beach Resort in Port Edward in KwaZulu-Natal van R4 700.

Die naaswenner wen ’n R2 500-kontantprys geborg deur Beeld, ’n R1 000-geskenkbewys van Bennetts, ’n R500-geskenkbewys van 4aKid en ’n Sealy-enkelbed van R5 000.

Die baba in die derde plek se gesin kry ’n kontantprys van R1 000 geborg deur Beeld, ’n R1 000-geskenkbewys deur Bennetts, ’n R500-geskenkbewys deur 4aKid en ’n Sealy-enkelbed van R4 000.

Die kompetisie duur van 4 Junie 2021 tot 28 Maart 2022.

As jy dink jou pienkvoet is die oulikste kleinding in die land, moet jy vinnig spring om hom/haar in te skryf.

Die keuse berus by jou vir watter maand jy jou baba wil inskryf – solank die baba nog nie sy/haar eerste verjaardag gevier het voor of op die sluitingsdatum vir die betrokke maand waarvoor julle inskryf nie.

Elke baba mag net een keer ingeskryf word.

Die sluitingsdatum vir die eerste groep babas is om die draai, op 4 Junie.

Die eerste groep babas se gesiggies­ sal op 9 Junie in Beeld verskyn.

Babas wat nie in die maand waarvoor hulle ingeskryf is gepubliseer is nie en teen die volgende maand se sluitingsdatum nog jonger as 12 maande is, se inskrywing kom outomaties weer in aanmerking vir die volgende groep.

Besoek Beeld se Facebook-blad vir die volledige bepalings en voorwaardes, asook vir meer inligting.

Hou ook die koerant op 9 Junie dop om meer uit te vind oor die drie stemprosedures.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.