Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Beeld se bruide: Hier is Maart se voorlopers

Vandag plaas ons foto’s van die drie voorloperbruide vir Maart. Die wenner word Dinsdag 16 Julie in Beeld aangekondig. April-bruide, moenie wag nie. Stuur jul inskrywings voor Woensdag 17 Julie om 12:00 na bruide@media24.com.

Claudia en Roan Booysens van Roodeplaat is op 2 Maart getroud.
Claudia Booysens
Yolanda en Martin Müller van Rivonia is op 23 Maart getroud.
Yolanda Müller
Leanni en Cornel Kieser van Kempton Park is op 16 Maart getroud.
Leanni Kieser

Groot pryse is op die spel

* Memoire in Muldersdrift gaan die gala-aand waar die wenbruid aangekondig word in April 2020 aanbied.

* Legend Hospitality Group gaan weer vakansies aan al 12 maandwenners gee.

* ATKV-Oorde gee plaaslike vakansies weg aan die 12 maandwenners.

* Die wenbruid kry ’n koningingrootte 152 cm Sealy Crown Jewel- luukse basisstel ter waarde van R15 000. Die bruide in die tweede en derde plek ontvang elk ’n koningingrootte 152 cm Sealy Posturepedic Technology-basisstel ter waarde van R10 000.

* Beeld gee kontantpryse van R5 000 aan die bruide in die tweede en derde plek, en R10 000 aan die wenbruid.

* AfricaStay gee aan die wenbruide:

Wenbruid: Allesinsluitende verblyf in ’n viersterhotel in Zanzibar, retoervlugte vanaf Johannesburg (met Mango) ingesluit ter waarde van R85 000 per paartjie.

Bruid in die tweede plek: Allesinsluitende verblyf in ’n driesterhotel in Zanzibar, retoervlugte vanaf Johannesburg (met Mango) ter waarde van R50 000 per paartjie.

Bruid in die derde plek: Allesinsluitende verblyf in ’n driesterhotel in Zanzibar, retoervlugte vanaf Johannesburg (met Mango) ter waarde van R45 000 per paartjie.

Wat en hoe

As jy reeds vanjaar getroud is, kan jy solank jou inskrywing stuur na bruide@media24.com. Ons wag nou vir April 2019-bruide se inskrywings.

Bruide skryf só in

1. Beantwoord die volgende vrae in ’n Microsoft Word-dokument:

a) Waar het julle ontmoet en hoe lank ken julle mekaar al?

b) Watter beroepe beoefen julle onderskeidelik?

c) Wat is jul belangstellings?

d) Wat is jul definisie van ’n gelukkige huwelik?

e) Vertel ons van jul troue. Was daar ’n tema en wat was jul inspirasie?

f) Beskryf jou troudagstyl. Hoe het jy op jou rok en voorkoms besluit?

g) Wat was vir jou die hoogtepunt van jul troue?

2. Verstrek die troudatum, bruid en bruidegom se volle naam, noemnaam (let wel, nie troetel- of bynaam nie) en ouderdom, woonadres, e-posadres en kontaknommers.

3. Stuur ook ’n kop-en-skouers-foto en ’n vollengte foto van die bruid (kleur of swart-en-wit, minstens 1 MB en in .jpeg-formaat) saam met die inskrywing.

4. E-pos inskrywings na bruide@media24.com voor 12:00 op die sluitingsdag.

Ons kan geen uitsonderings maak nie.

Kontak Tanya Kleynhans by 011 713 9276 of tanya.kleynhans@media24.com vir meer inligting.

Onthou:

1. Geen werknemer of familielid van die borge of Media24 mag deelneem nie.

2. Nie alle inskrywings word gepubliseer nie. ’n Paneel doen ’n eerste keuring.

3. Die bruid wat die meeste stemme vir haar maand kry, word as ’n finalis aangewys.

4. Sou ’n finalis nie die kroningsgeleentheid kan bywoon nie, verbeur sy die kans om mee te ding om die titel van Bruid van die Jaar. Sy sal steeds al haar pryse as ’n finalis ontvang.

5. Beeld se redakteur behou hom die reg voor om finaliste te diskwalifiseer wat in enige stadium só optree dat dit Beeld, die kompetisie of die betrokke finalis(te) se goeie naam in die gedrang bring.

Dit sluit gedrag in (maar is nie daartoe beperk nie) wat lei tot die finalis se inhegtenisneming, ’n hofverskyning, betrokkenheid by ’n polisieondersoek (selfs voordat die finalis aan ’n misdryf skuldig bevind word) en onwelvoeglike of skandalige gedrag, ongeag of dit in die media gepubliseer word of nie.

6. Beeld aanvaar nie verantwoordelikheid vir borge wat nie hul pligte nakom of inskrywings wat wegraak nie.

7. Deelname aan die kompetisie veronderstel jou toestemming dat Beeld en/of die kompetisieborge jou mag kontak.

Die stemprosedure

Wanneer ’n bruid se foto in die koerant verskyn, kan lesers vir hul gunsteling-bruid op een van drie maniere stem.

Proses 1 (elke SMS tel een punt)

SMS jou gunsteling-bruid se naam en van, jou naam en van, waar jy woon en e-posadres na 35986.

Begin jou SMS met die woord “Bruide” en dan die bruid waarvoor jy wil stem, se naam en van.

Die SMS-lyn sal oop bly tot die daaropvolgende Vrydag nadat die bruid se foto’s in die koerant verskyn het. Die lyn sluit om 12:00. Elke SMS kos R1,50. Gratis SMS’e geld nie en foutiewe SMS’e sal verreken word.

’n SMS-voorbeeld:

Bruide, Sannie Smit. Tanya Kleynhans, Auckland Park, tanya.kleynhans@media24.com.

Proses 2 (elke stem tel vyf punte)

Ekstra koerante kan op Maandae ná die publisering van ’n bruid se foto’s op ’n Saterdag by Tanya Kleynhans gekoop word (stuur e-pos na tanya.kleynhans@media24.com vir meer inligting hieroor).

Proses 3 (elke stem tel vyf punte)

Knip jou gunsteling-bruid se foto uit (slegs oorspronklike foto’s word aanvaar), plak dit agterop ’n koevert saam met jou naam, adres en telefoonnommer en stuur dit na: Bruid van die Jaar, MediaPark, Kingsway 69, Auckland Park 2006. Stemme kan ook by Beeld se kantoor in Johannesburg afgelewer word, of gekoerier word na:

Ontvangs, MediaPark, Kingsway 69, Auckland Park 2006.

Die sperdatum vir elke week se bruide is die daaropvolgende Vrydag nadat die bruid se foto’s in die koerant verskyn het.

Alle stemme moet ons teen 12:00 op die sperdatum bereik om in aanmerking geneem te word.

Dit bly die persoon wat stem se verantwoordelikheid om stemme betyds in te dien en Beeld aanvaar geen verantwoordelikheid vir laat stemme nie. Laat stemme sal nie in aanmerking geneem word nie. Dieselfde prosedure geld bruide wat buite Beeld se verspreidingsgebied woon en wil deelneem. Die bruid met die meeste punte aan die einde van die maand sal as die wenner vir daardie maand aangewys word.

Meer oor:  Bruid Van Die Jaar  |  Bruide
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.