Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Beeld se Bruide: Junie voorlopers

Dis tyd om te stem vir jou gunstelingbruid wat in Junie 2020 of 2021 getroud is.

Dié ses winterbruide ding mee om ’n maandwenner te wees in Beeld se Bruid van die Jaar-kompetisie. Stemme vir die Junie-bruide moet teen volgende Vrydag om 12:00 ingedien wees.

Geraldine van Vuren van Preto­ria, Gauteng, se troudag was op 5 Junie 2021.
Marelize Joubert van eMalahleni, Mpumalanga, se troudag was op 12 Junie 2021.
Nadia Engelbrecht van Centu­rion in Pretoria se troudag was op 12 Junie 2020.
Nicolette Blignaut van Range­view in Krugersdorp se troudag was op 28 Junie 2021.
Nina Ras van Edenpark in Brackenfell, Wes-Kaap se troudag was op 19 Junie 2021.
Anika Myburgh van Equestria in Pretoria, Gauteng, se troudag was op 4 Junie 2021.

Beeld se Bruid van die Jaar vir 2020 en 2021 word op 6 Mei 2022 by ’n spoggeleentheid aangekondig.

Die algehele wenner word uit die maandwenners gekies.

Daar is meer as R400 000 se pryse vir die bruide op die spel.

Die wenbruid se pryse is R135 770 werd. Die naaswenner se pryse is R72 520 werd en die bruid in die derde plek s’n R60 190. Die maandwenners kry elkeen pryse van R17 550.

Hou elke Donderdag Beeld dop vir nuus oor vanjaar se inskrywings. Volgende Donderdag sal jy kan sien wie van die Mei-bruide is die drie voorlopers om as maandwenner gekies te word.

Op 19 Augustus word die Junie-voorlopers bekend gemaak en op 26 Augustus die maandwenners van Mei en Junie.

Sperdatums

  • Julie 2020 & 2021-bruide: 30 Augustus 2021;
  • Augustus 2020 & 2021-bruide: 13 September 2021;
  • September 2020 & 2021-bruide: 11 Oktober 2021;
  • Oktober 2020 & 2021-bruide: 15 November 2021;
  • November 2020 & 2021-bruide: 10 Januarie 2022; en
  • Desember 2020 & 2021-bruide: 14 Februarie 2022.

Skryf só in

  • Stap 1: Skep ’n Word-dokument waarin jy die volgende vrae beantwoord:

a) Waar het julle mekaar ontmoet?

b) Hoe lank ken julle mekaar?

c) Watter beroepe beoefen julle?

d) Wat is jul belangstellings?

e) Wat is jul definisie van ’n gelukkige huwelik?

f) Vertel ons van jou troue. Was daar ’n tema en wat was jou inspirasie?

g) Beskryf jou troudagstyl. Hoe het jy op jou rok en voorkoms besluit?

h) Wat was jou hoogtepunt van die troue?

  • Stap 2: Heg jou Word-dokument aan ’n e-posboodskap waarin jy die volgende inligting verskaf:

a) Troudatum;

b) Bruid se volle naam;

c) Bruid se noemnaam (let wel, noemnaam, nie bynaam nie);

d) Bruidegom se volle naam;

e) Bruidegom se noemnaam (let wel, noemnaam, nie bynaam nie);

f) Woonadres;

g) Bruid se e-posadres;

h) Bruid se kontaknommer;

i) Bruidegom se e-posadres; en

j) Bruidegom se kontaknommer.

  • Stap 3: Heg ’n duidelike kop-en-skouer-foto en ’n vollengte foto van die bruid (kleur of swart-en-wit, minstens 1 MB groot en in jpeg-formaat) as ’n aanhangsel aan die e-posinskrywing.
  • Stap 4: Stuur jou inskrywing voor 12:00 op die sluitingsdag na bruide@media24.com.

Só stem jy

Wanneer ’n bruid se foto in die koerant­ verskyn, kan lesers vir hul gunstelingbruid stem deur:

  • Proses 1 (elke SMS tel 1 punt)

SMS “Bruide”, jou gunstelingbruid se naam en van, jou naam en van, waar jy woon en ook jou e-posadres na 35986.

Die SMS-lyn sal oop bly tot die Vrydag nadat die bruid se foto in die koerant verskyn het. Die lyn sluit 12:00.

Elke SMS kos R1,50. Gratis SMS’e geld nie en foutiewe SMS’e sal verreken word.

SMS-voorbeeld: BRUIDE, Sannie Smit, Tanya Kleynhans, Auckland Park, tanya.kleynhans@media24.com.

Deelnemers aan die kompetisie deur middel van stemproses 1 verleen met die gebruik van die SMS-stemme toestemming aan Media24 en sy borge om by geleentheid sy produkte en/of dienste aan hulle te bemark.

  • Proses 2 (elke stem tel 5 punte)

Ekstra koerante vir stemme van ’n bruid kan op ’n Donderdag van publisering of die Vrydag ná publise-ring by Tanya Kleynhans aange-koop word (tanya.kleynhans@media24.com).

Beeld sal die koerante aan sy Beeld in Onderwys-skoleprojek skenk.

  • Proses 3 (elke stem tel 5 punte)

Knip jou gunstelingbruid se foto uit (slegs oorspronklike foto’s word aanvaar), plak dit op ’n A4-bladsy, voeg jou adres en telefoonnommers by en koerier dit na: Bruid van die Jaar, Kingswaylaan 69, Mediapark, Auckland Park 2006.

Stemme kan ook in ’n koevert by Beeld se kantoor in Johannesburg afgelewer word: Ontvangs, Kingswaylaan 69, Mediapark, Auckland Park 2006.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.